Kammiesberg-water kry blou lig

Argieffoto (Foto: weronica0, Pixabay)

AfriForum het die naweek Kammiesberg in die Noord-Kaap se watergehalte as deel van die burgerregtewaghond se nasionale blou-en-groendruppelprojek getoets. Uitslae dui aan dat die drinkwater skoon is.

“Ons kon vasstel dat Kammiesberg se drinkwater skoon is, geen swaarmetale bevat nie en dat bakterieëvlakke aan gestelde standaarde voldoen. AfriForum gaan egter die watergehalte deurlopend toets om te verseker dat inwoners se grondwetlike reg op skoon drinkwater ten alle tye beskerm word,” het Gideon van Lil, voorsitter van AfriForum se Kammiesberg-tak, Dinsdag gesê.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Monique ·

Afriforum kan gerus bronkhorstspruit ook kom besoek – hier drink ons die riool water!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.