Kampeerder deur weerlig doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

Een persoon is dood en drie ander beseer nadat hulle deur weerlig getref is by ʼn kampeerplek in Bloemfontein in die Vrystaat.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die vier het by Tierpoortdam gekamp toe hulle Saterdagaand deur weerlig raakgeslaan is. Hy sê met paramedici se aankoms op die toneel het daar vier volwassenes op die grond gelê. “Paramedici het bevind dat een van die pasiënte reeds dood was terwyl die ander drie ligte tot kritieke beserings opgedoen het, insluitend erge brandwonde.”

Meiring sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Slim Daan ·

Ghmmpff ghie ghie. Jaaaah Elbie.
Jy nie geweet daarbo sit n man wat pyle skiet nie???

Sune van Heerden ·

Dagsê Elbie,

Dankie ons het reeds die fout reggemaak.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.