Kampnaweek eindig in moordtragedie

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man (58) is Saterdagaand wreedaardig vermoor en sy vrou (52) met ʼn hamer aangerand terwyl hulle gekampeer en visgevang het in die omgewing naby die Mponeng-myn langs die N12 tussen Carletonville en Fochville.

Kapt. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die voorval het volgens hom om 22:37 plaasgevind toe die egpaar, oorspronklik van Westonaria, langs die dam gekampeer het vir die naweek.

“Hulle is oorrompel deur twee mans. Die man is aan die linkerkant van sy bors met ʼn mes gesteek en aan die linkerkant van sy kop met ʼn klip geslaan. Die vrou is met ʼn hamer aangerand op haar hande en lyf,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini het die verdagtes te voet gevlug met ʼn bedrag kontant en ʼn selfoon.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die voorval bevestig.

Die egpaar wat aangeval is, is vriende van ʼn AfriForum-buurtwaglid. AfriForum is ook van voorneme om die gesin by te staan, onder meer met berading.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met ʼn wapen.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Ek ook ·

Ek is ook gvl vir die mense wat moordenaars beskerm. Ek is klaar met toleransie vir die korruptes en moordenaars.

Ook gatvol ·

Ek kan nie genoeg met jou saam stem nie gatvol!!! Wetteloosheid in die land. Bring die doodstraf terug.

Martie ·

Ai tog, ons verdriet en magteloosheid het nie meer perke nie. My innige meegevoel aan die familie en alle Afrikaners wat vasgevang is in ñ draaikolk van smart agv …… ;((

Jianni Coetzee ·

Mag mens nou nie eers meer gaan kamp nie. Is so gat vol vir al hierdie aanvalle en moorde. Lyk my mens moet soos ‘n verdomde krimineel agter tralies bly en net mooi nêrens meer heen gaan nie. Want hier in ons land bly ons as publiek agter tralies en en die verdomde krimineel loop vry rond.

James ·

Nie in SA nie bly binne en oorleef dalk nog dag. Dit is waarna toe alles gekom het.

Snowball ·

Nie eers die tralies van jou eie huis maak jou meer veilig nie. Ons het geen lewenskwaliteit nie, want oral is jy ‘n teiken vir misdadigers. Hierdie is inderdaad ‘n helhool.

Jaap ·

Kan nerens gaan om eers te ontspan nie.
Lyk my mens moet net alarms orals op sit en wag by jou huis dat hulle jou aanval.
Liewe hel

James ·

Dis presies hoe dit nou is. As jy dit deur die nag gemaak het hoop jy om nog een dalk te kan oorleef…

Realis ·

My BLOED KOOK!! Danksy ons Verraaiers is ons nou lewenslank tot huisarres gevonnis! En dit op sig self waarborg ook nie meer ons veiligheid nie!!

Jaco ·

Realis,
Ek dink ons is almal siek en say vir die misdaaad in ons land. Om dit egter op sogenaamde verraaiers te blammeer dink ek nie is reg nie. Met die veraaiers neem ek aaan jy verwys na die blankes wat in 1993 “Ja” gestem het in die referendum.

Ek kon op daai stadium nog nie stem nie, maar ek het al baie daaroor nagedink, en gewonder wat my stem sou wees. Hoe meer ek daaroor dink hoe sekerder is ek dat ons baie slegter af sou gewees het sou n “Nee” stem gewen het. Ons sou in n volsae burgeroorlog gedompel gewees het. Ons sou ongekende sankies uit die buiteland teen ons gehad het, en dit dink ek sou ons ekonomie net so seer gemaak het.

Ons situasie is baie sleg, maar dis maklik om te sê dat soveel beter sou gewees het as dinge anders verloop het. Ons weet dit nie, ons raai dit en ons kies om dit te glo om onsself beter te laat voel daaroor

James ·

Presies. Jy bly binne jou eie tronk en hoop om die son weer te sien op kom. Elke geluid ontstel jou en jy maak reg vir die ergste deur die nag.

Ellisras ·

Jaco. Ek stem 100% met jou saam. Niks om by te voeg nie.

Cherokee ·

Inteendeel, ons sou beter daaraan toe gewees het as die Nee-stem gewen het. Nee het nie beteken dat ons nie bereid was om te praat oor veranderings nie. Nee het bloot afkeur uitgespreek teenoor die bepalings wat De Klerk en kie voorgelê het en ons sou nie toelaat dat ‘n onkundige soos Roelf Meyer die onderhandelaar wees nie. Tydens dieselfde NEE-veldtog het die nee-stem voorstanders (lees HNP & KP) begin om ‘n blanke tuisland voor te stel. Indien die Nee-stem gewen het, sou dit ‘n groot deel vorm van die onderhandelings wat dan heel anders sou gelyk het, met waterdigte beskerming vir die blanke Suid Afrikaner.

Karolis ·

Jaco,
Sinvolle kommentaar, jou laaste paragraaf maak die meeste sin.

Kerr ·

Jaco Ek dink nie ons soul slegter afgewees het. Ons het heel goed gedoen met die sanksies wat Al reeds teen ons was en ons het ook een vam die beste miletere mag in die wereld gehad. Ons rand was so 3 rand teen die dollar.

Cherokee ·

Laat my toe om dit weer te beklemtoon; Nee het nie beteken ‘n nee vir die onderhandelingstafel nie. Die Hertzogs en Marais was nie dom nie. Inteendeel.
Nee het bloot beteken dat die konstitusie soos voorgestel deur De Klerk & kie, het te veel gapinge gehad en was nie aanvaarbaar nie. Die onderhandelings moes anders lyk en soos reeds gesê, dit was toe dat ‘n blanke tuisland deel van die woordeskat geword het.

LB ·

Ek stem met jou saam Realis. Jaco, dink jy ‘n burgeroorlog sou erger gewees het as hierdie misdadige land met sy kaalgestroopte koffers? Ten minste was daar ‘n weermag en polisiemag waarop mense kon vertrou, ja en ook die ander rasse was baie veiliger toe.

Sarie ·

Mens betaal om net weg te breek van jou tronk dan sal hulle jou aanval waar is ons vryheid?

Terrorisme ·

Sien dit vir wat dit is, terrorisme. Volgens internasionale wet mag ons veg teen terrorisme.

Wilma ·

Gatvol vi misdaad. Gatvol vi swak Regering. Tyd dat Regerings amptenare bietji die moorde in hul families moet voel
Maar oe hoe kan ek vergeet . Hul word deur hordes wagte opgepas.

Hofmeyr ·

Op Hofmeyr in Oos-Kaap is man en vrou 70 en 68 jaar ook deur tuinman vermoor. Vrydag nag.

Gemaskerde Sopbeen ·

Waarom skree almal nou weer “doodstraf’?? Die doodstraf word elke dag in SA toegepas…..53 keer!! Hier is nou net weer ‘n berig oor twee blankes wat deur kriminele tot die dood gevonnis is, en die tereggestel is? Die doodstraf word elke dag in SA toegepas……..net nie deur die regering nie!!

MIke ·

wees versigtig met die doodstraf terug bring, dis sal toepaslik gemaak word net op wit mense,

Geloof ·

I don’t know what the future holds but I know WHO HOLDS THE FUTURE

Jerry ·

My innige simpatie aan die familie van die oorledene en spoedige herstel aan die dame wat oorleef het. Jaco en Mlke het reeds gese wat ek sou se oor die onvanpaste kommentare!

Johanna Botha ·

Bring ASB die doodstraf terug ….geen wonder Botswana het geen sulke probleme nie !

Kampterrein? ·

Ag nee. Julle maak dit 100 x erger as wat dit is!
Ja ons land loop deur onder geweld en misdaad, maar ons is ook nog baie vry om te kom en gaan soos ons wil. Ek sien 100de gesinne wat vakansie hou. Gelukkige vry mense wat die land verken en beleef.
Ons sien gesinne wat in SPUR en Wimpy uiteet. Waiters wat vriendelik groet en grappe maak met hul klante.
Ons lees die nuus en KIES om als vir soetkoek op te eet. En net aan die negatief te stik….

Ons het self die naweek gekamp. Rustig langs die dam. Tussen ander kampeerders. Lekker rustig elkeen besig met sy eie ding…. Veilig in n kampterrein….

Callie ·

Kampterrein. Jy was nog nooit aan die korste end. Geluk. Glo my, dit kom. Ek was al 5 keer daar. Dis die van julle wat sulke snert kwytraak wat leunaars soos Ramaphosa sterk in sy saak. Jy is wit, jou beurt kom

Zelda ·

Ons gaan kamp ook baie in n kampterrein waar dit veilig is. Ek dink al wat die persoon bedoel het, is dat alles is nie so sleg nie. En dis haar/sy siening… maar om te dreig en te sê hul is volgende is baie onregverdig. Jy moet lewe spreek oor ander mense en nie n doemprofeet wees nie. Daar is krimenele daar buite en ons moet maar op ons hoede bly.

Koos de Meyer. ·

Die lafaarts kom nie waar baie mense is nie, so jy wat sê dit word oordryf gaan kamp maar alleen en sien wat gebeur.

Sputnik ·

Jaco, jy’s 100% in die kol! Verder, wie kamp op afgeleë, afgesonderde plekke? Nog verder, dit is maklik om nou te sê waarvoor die nee-stemmers sou gestaan het. Die vraag is: Waar sou hulle die goeie/beter onderhandelaars bekom het (en wat sou hulle bereik het) tussen fluitende mortiere, koëls en die totale algehele anargie van ‘n burgeroorlog?

Jannie ·

Tyd dat jy op daardie Sputnik klim en die sterre gaan tel!!!

Ilse van vuuren ·

Ja, ongelukkig weet niemand hoe die alternatief sou afloop nie

Adrian ·

Nog ammunisie vir die manne nou in Australie as daar iemand familie het pos die berig deur na hulle sodat dit eerstehands in die hande van afriforum kan kom

Tuisland ·

Ek stem saam met cherokee n blanke tuis land sou die beste gewees het dan sou die massas presies geweet het wie om uit te haal. Nou sterf onskuldige blankes. Ek hoop die staat heroorweeg dit. En gee jou en die ander ver regses jul tuis land. Dan sal daar n einde aan al die plaasmoorde kom en net n gekonsentreerde groep uitvekorenes kan dan kyk vir hoe lank hul die pyp sal kan rook. Ek dink dus wat jy eindelik wou sê.

Jan ·

Maar jy gun die zoeloes hulle tuisland en stamgrond.en jy se sis oukei dat swaziland net vir die swazis is en lesotho vir die basoethoes.maar die afrikaners mag nie stamgrond he nie….hoekom nie.

RG ·

Jaco,
Jammer maar ek verskil van jou. Sanksies kom vir SA, dis ‘n kwessie van tyd. In my opinie sou ons ook beter af gewees het vandag indien ons die burgeroorlog gevoer het met manne wat ervaring in oorlog voering gehad het. Hemel behoed ons as dit nou ons voorland is met seuns wat net hul vingers oor ‘n selfoon kan flik. Ons was naief om te glo dat ‘n versoeningskommissie die haatdraendheid van die swartes oor apartheid kon wegneem. Nou is dit soveel erger want dis kinders met ‘n verdraaide en eensydige kennis van die geskiedenis wat hul ouers se swaarkry wil wreek. Al is hul eie gekose regering verantwoordelik vir meeste van die huidige swaarkry, is dit te gerieflik om dit ook voor apartheid neer te lê.

Jan Alleman ·

Jaco, soos jy wonder ek ook dikwels wat op ‘n nee stem sou volg; Moontlike burger oorlog maar met mag in die hande van die minderheid. ‘n Ekonomie met ‘n nywerheid wat as gevolg van sanksies nog verder sou groei en blom met wêreld klas tegnologiese ontwikkeling. ‘n Sterk rand en ruim werksgeleenthede vir minderhede sowel as meerderhede. JA stem; ‘n
Minderheid met geen regte wat doelmatig ontwapen, vermoor en landuit gedwing word. Stygende lewenskoste met ‘n uitgeholde rand. Geen of uiters beperkte
dienste teenoor ‘n groeiende belasting las. Kruipende sosialisme op pad na kommunisme. Ja Jaco, soos jy wonder ek ook dikwels of ‘n nee stem nie beter sou wees nie.

Piet ·

Aan almal wat huil dat die doodstraf teruggebring moet word: Wat laat julle dink dat die belhamels die doodstraf sal kry? Pasop waarvoor julle wens, dit SAL verander word in ‘n blinde sambok wat selektief teen ons gebruik sal word! Die Engelse gesgde lui: “For as much as you allow someone to do something to you, they will”. Dit is tyd dat ons besef dat ons in ‘n oorlogsone leef, en ons optrede dienooreenkomstig aanpas.

Bekommerd ·

Om alleen of afgesonderd te ontspan is ‘n GROOT risiko vandag. Jy is nie meer veilig om alleen in ‘n woonbuurt te gaan stap of draf nie. Die arme mense wou net rustig ontspan en kyk wat gebeur met hulle. Ons simpatie met hul familie.

jakes ·

Kom nou mense, die wat die huidige bestel goedpraat leef in n droomwereld. Die witman se dae is getel in SA. Ons staar n oormag van 50 miljoen plus in die gesig. Dis n kwessie van tyd dan sal Jaco en sy saampraters prober weghol maar dan is dit te laat. Ons moes nooit boedel oorgegee het nie.

Tianic ·

ons dobber op die see rond, van alle kante omring deur seerowers.

HD ·

Ons belastingbetalers moet eenvoudig begin terughou tot daar iets daadwerkliks gedoen word aan die misdaad. As hulle dit aan hul sakke voel sal hul iets doen…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.