Kampsbaai-brand: Hotel ontruim

Foto: WoF

Die brand aan die suidelike kant van Tafelberg bokant die Twelve Apostles Hotel buite Kampsbaai woed steeds voort.

Linton Rensburg, woordvoerder van Working on Fire (WoF), het gesê drie helikopters en ʼn vliegtuig is ontbied om te help om die brand onder beheer te probeer bring.

Die brand het Woensdag kort ná 12:00 uitgebreek en brandbestrydingspanne van WoF, Tafelberg Nasionale Park, NCC Environmental Services en VWS Wildfires poog sedertdien om dit onder beheer te bring. Twee weermaghelikopters word ook al sedert Woensdag ingespan.

Volgens Rensburg is die Twelve Apostles Hotel Donderdagaand inderhaas ontruim nadat die brand na aan die hotel beweeg het.

“Minstens 55 werkers van WoF sal vandag saam met 40 brandbestryders van NCC en 18 lede van VWS poog om die brand onder beheer te bring.” Meer as 200 hektaar is reeds in die brand vernietig.

Rensburg het gesê die brand het na die Oudekraal-piekniekgebied beweeg. “Ons vermoed dit gaan ʼn besige brandseisoen dié somer wees met die langdurige droogte wat in groot dele van die provinsie ervaar word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jaco ·

baie van work on fire se mense is werkloses wat net betaal word vir die brande wat hulle help blus. daar is talle gerugte dat hulle self die brande stig sodat hulle dan betaal kan word om dit te blus. Te veel “bgerugte” laat mens ook wonder of dit dalk tog waar is…

Spyker ·

Jaco…jy is regtig waar ñ baie mislukke mens…al jou kommentare is negatief.maar ek hoop nogsteeds jy sal jou gelukigheid kan vind. Sterkte vir jou en die familie!!!!

Ans ·

Die brandseisoen het aangebreek en die Kaap het alreeds nie water nie!

jaco ·

ek wonder of mense wat my so kritiseer hoegenaamd koerant lees, TV nuus kyk en ook wyd lees, veral oor ons geskiedenis; ons verlede. Ek suig nie my kommentaar uit my duim nie. dis alles gebaseer op dinge wat ek al vir jare lank lees, waarneem en ervaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.