Kampsbaai-moord: Berigte oor beskuldigde se psigiatriese toestand verbied

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Diego Dougherty Novella, die 41-jarige man van Guatemala wat aangekla word van die moord op ʼn Amerikaanse vrou in ’n luukse boetiekhotel in Kampsbaai, is vir 30 dae se psigiatriese waarneming gestuur.

Novella word aangekla van die moord op sy meisie, Gabriela Alban, wat verlede maand in In Kaapstadse hotel gevind is. Alban is glo verwurg en wreed seksueel aangerand met ʼn krultang. Internasionale media het berig Alban is tydens ʼn dwelm-aangevuurde sekssessie vermoor, maar owerhede het tot op hede nog nie hierdie bewerings bevestig nie.

Advokaat William Booth, Novella se regsverteenwoordiger, het Maandag in die Kaapstad-landdroshof aanbeveel dat sy kliënt vir psigiatriese waarneming gestuur word.

Die verdediging het vooraf hul eie psigiater genader en het ʼn tydelike verslag by die hof ingedien. Die media is egter deur die hof verbied om oor die inhoud van die verslag te berig. Novella sal in die hospitaalafdeling van die Pollsmoor-gevangenis bly totdat hy na Valkenburg psigiatriese hospitaal oorgeplaas sal word.

Die saak is uitgestel tot 30 September.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.