Novella word aangekla van die moord op sy meisie, Gabriela Alban, wat verlede maand in In Kaapstadse hotel gevind is. Alban is glo verwurg en wreed seksueel aangerand met ʼn krultang. Internasionale media het berig Alban is tydens ʼn dwelm-aangevuurde sekssessie vermoor, maar owerhede het tot op hede nog nie hierdie bewerings bevestig nie.
Advokaat William Booth, Novella se regsverteenwoordiger, het Maandag in die Kaapstad-landdroshof aanbeveel dat sy kliënt vir psigiatriese waarneming gestuur word.
Die verdediging het vooraf hul eie psigiater genader en het ʼn tydelike verslag by die hof ingedien. Die media is egter deur die hof verbied om oor die inhoud van die verslag te berig. Novella sal in die hospitaalafdeling van die Pollsmoor-gevangenis bly totdat hy na Valkenburg psigiatriese hospitaal oorgeplaas sal word.
Die saak is uitgestel tot 30 September.