Kampsbaai-moord: Beskuldigde wag steeds op bed in psigiatriese hospitaal

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Die man van Guatemala wat aangekla word van die moord op ʼn Amerikaanse vrou in ʼn hotelkamer in Kampsbaai, wag steeds op ʼn bed in die Valkenberg- psigiatriese hospitaal waar hy sielkundig evalueer moet word.

Diego Novella (41) het Woensdag vlugtig in die Kaapstad-landdroshof verskyn. Regter Jackie Muller het beveel dat Novella in aanhouding bly tot sy volgende verskyning op 30 Oktober. Hy word in die hospitaalafdeling van die Pollsmoor-gevangenes aangehou.

Novella word daarvan beskuldig dat hy Gabriela Alban (39) op 29 Julie in ʼn luukse hotel in Kampsbaai verwurg en wreed seksueel aangerand het met ʼn krultang. Dit het later in die hof aan die lig gekom dat Novella gevind is waar hy halfkaal op ʼn strand rondgeloop het. Toe hy glo gevra is waar Alban is, het hy bloot geantwoord: “Sy is dood.” Haar liggaam is toe in hul hotelkamer aangetref.

Tydens Woensdag se hofverrigtinge het Asghar Mia, Novella se regsverteenwoordiger, gesê sy kliënt is nommer 83 op die waglys vir ʼn bed in die Valkenberg-hospitaal. Die verdediging het vroeër versoek dat Novella vir 30 dae se psigiatriese observasie gestuur word.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

So baie voor hom op die lys? Wonder hoeveel van hulle vorm deel van ons regering? HAHAHA!!! (NET ‘N GRAPPIE MAROELA)!!!

Sprakeloos ·

Net n hand this vol mense het regtig n sielkundige voet om op te staan. Ons land en wêreld is in hierdie soort nagmerrie omdat baie mense weet waarmee om weg te kom. Ag siestog hy moes seker mal gewees het. Rêrig? Gelukkig slaap die VADER nie. Wag maar geduldig vir jou beurt, daai bed sal jou nog brand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.