Kampsbaai-moord: Hof sê oor appèl teen borgtog

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het uitspraak gelewer in Diego Dougherty se aansoek om teen sy borgtoguitspraak te appelleer. Dié moordbeskuldigde is ʼn Guatemalaanse burger.

Regter Andre le Grange het die aansoek van die hand gewys.

Die 43-jarige Dougherty is in Mei vanjaar borgtog geweier nadat landdros Grant Engel beslis het hy is ʼn vlugrisiko. Dougherty word aangekla van die moord op sy Amerikaanse vriendin, Gabriela Alban (39).

William Booth, Dougherty se regsverteenwoordiger, het die aansoek gebring en aangevoer dat die landdros se uitspraak verkeerd was aangesien Dougherty bereid was om R100 000 borgtog te betaal, by die plaaslike polisiestasie aan te meld en ʼn opsporingstoestel te dra.

Regter Le Grange het egter gesê hy is nie oortuig dat die landdros tot die verkeerde beslissing gekom het nie.

Dougherty is op 29 Julie verlede jaar in hegtenis geneem nadat Alban se liggaam in hul hotelkamer in Kampsbaai aangetref is. Alban, ʼn bemarkingsagent, het saam met Dougherty in Kaapstad vakansie gehou. Alban is verwurg en seksueel wreed aangerand met ʼn krultang.

Dougherty is vroeër by die Valkenberg- psigiatriese hospitaal geëvalueer en daar is bevind hy is geestelik in staat om verhoor te word.

Dougherty bly intussen in aanhouding in die Pollsmoor-gevangenis tot hy weer op 28 Oktober in die hof moet verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Gabriela Alban op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Regte ding ·

Dankie Regter Le Grange, dit is die regte ding. Manne met sulke planne sal vroue weer begin respekteer as hul maat en nie irriterende vyand as hul begin moet raak vir die speelding nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.