Kampsbaai-moord: Hof sê oor borgtog

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Die Kaapstad-streekhof het Dinsdag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Diego Dougherty (43), wat beskuldig word van die moord op sy Amerikaanse vriendin, Gabriela Alban.

Landdros Grant Engel het Dougherty, ook bekend as Diego Novella, borgtog geweier. Engel het gesê hy het verskeie feite in ag geneem voordat hy besluit het dat Dougherty in aanhouding moet bly.

Dit sluit in dat Dougherty nog nooit voorheen ʼn formele werk gehad het nie, dat hy geen naby familie het afgesien van sy broers en susters nie, dat hy al baie gereis het en finansieel in staat is om enige plek in die wêreld weg te kruip. Engel het gesê daar is geen uitleweringsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Guatemala nie en het beklemtoon dat die staat ʼn baie sterk saak teen Dougherty het. “Die beskuldigde is beslis ʼn vlugrisiko,” het hy gesê.

Dougherty word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, Alban, in Julie verlede jaar in ʼn luukse hotelkamer in Kampsbaai verwurg en seksueel wreed aangerand het met ʼn krultang. Dougherty is van ʼn bekende, welgestelde familie in Guatemala, wat ʼn suksesvolle sementonderneming besit.

Alban se ouers was Dinsdag ooglopend verlig om te hoor dat Dougherty agter tralies sal bly. Alban se pa, Howdy Kabrins, het gehuil terwyl die beskuldigde uit die hof gelei is. Alban se ma, Doris Weitz, sal vanmiddag terugvlieg na die VSA, maar albei ouers het gesê hulle sal na Suid-Afrika terugkeer vir die verhoor.

Lees alle vorige berigte oor Gabriela Alban op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Luister ·

Geen naby familie, afgesien van broers en susters…. ?
Hulle is mos naby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.