Kampsbaai-moord: ‘Kêrel’ bly vir nou agter tralies

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Diego Dougherty Novella, ʼn 41-jarige man van Guatemala wat aangekla word van die moord op ʼn Amerikaanse vrou in ’n luukse boetiekhotel in Kampsbaai, het Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Novella, wat in ʼn swart sweetpak geklee was, het met niemand oogkontak gemaak nie en slegs met sy Spaanse tolk gepraat. Sy lang hare was teruggekam, maar het nie die groot groen tatoeëermerk agter op sy nek bedek nie.

Novella word aangekla van die moord op sy 39-jarige vriendin, Gabriela Alban. Alban is glo verwurg en wreed seksueel aangerand met ʼn krultang. Internasionale media het berig Alban is tydens ʼn dwelm-aangevuurde sekssessie vermoor en groot hoeveelhede kokaïen is in die kamer gevind.

Novella se familie is glo gesiene miljardêrs wat ʼn sementonderneming in Guatemala besit. Hy word deur William Booth, een van Suid-Afrika se toonaangewende strafregprokureurs, verteenwoordig.

Booth was nie Dinsdag in die hof nie en het sy kollega, adv. Anthony Berinato, in sy plek gestuur. Berinato het die hof vir uitstel gevra sodat hulle “finale instruksies” kan ontvang. Novella sal op 31 Augustus in die hof wees wanneer hy om borgtog sal aansoek doen. Hy sal tot dan in die hospitaalvleuel van die Pollsmoor-gevangenis in aanhouding bly.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.