Diego Novella (41) word daarvan beskuldig dat hy Gabriela Alban (39) op 29 Julie in ʼn luukse hotel in Kampsbaai verwurg en wreed seksueel aangerand het met ʼn krultang. Dit het later in die hof aan die lig gekom dat Novella opgespoor is waar hy halfkaal op ʼn strand rondgeloop het. Toe hy glo gevra is waar Alban is, het hy bloot geantwoord: “Sy is dood.” Haar liggaam is toe in hul hotelkamer aangetref.
Tydens vorige hofverrigtinge het Novella se regsverteenwoordiger gesê sy kliënt is nommer 83 op die waglys vir ʼn bed in die Valkenberg-hospitaal. Die verdediging het vroeër versoek dat Novella vir 30 dae lange psigiatriese waarneming gestuur word.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.
Daars n speekwoord wat se as jy jou met die
semels meng vreet die varke jou.
Het ons land nou n plek geword om mense heen te bring om te ver moor.
Ek vermoed die “grapevine” loop dat dit maklik hier geword het om als wat sleg is te doen?