Kampsbaai-moord: Ouers sien dogter se beweerde moordenaar

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Die ontstelde ouers van Gabriela Alban, die 39-jarige Amerikaanse bemarkingsagent wat in Julie verlede jaar in Kampsbaai vermoor is, het Donderdag van aangesig tot aangesig gekom met hul dogter se beweerde moordenaar.

Diego Dougherty (43) het Donderdag in die Kaapstad-streekhof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Dougherty word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, Alban, in ʼn luukse hotelkamer in Kampsbaai verwurg en seksueel wreed aangerand het met ʼn krultang.

Howdy Kabrins, Alban se pa, het aan African News Agency gesê Alban se familie het van Malibu, Kalifornië, gevlieg om teenwoordig te wees by die hofverrigtinge. Alban se ma, Doris Weitz, en haar stiefpa, Alexander Williams, was ook in die hof.

William Booth, Dougherty se regsverteenwoordiger, het sy kliënt se verklaring aan die hof voorgelees en gesê Dougherty hou nie ʼn vlugrisiko in nie sou hy op borgtog vrygelaat word. Hy het gesê ʼn borgtogbedrag van R100 000 sal redelik en regverdig wees en gesê Dougherty se broer het aangebied om hom te huisves.

Dougherty is in 1973 gebore en het ʼn Italiaanse sowel as ʼn Guatemalaanse paspoort. Hy is een van sewe kinders en is voorheen Diego Novella genoem. Sy pa is in April oorlede terwyl Dougherty in aanhouding was en dit het, volgens sy verklaring, hom erg geaffekteer. Hy word in die hospitaalafdeling van die Pollsmoor-gevangenis aangehou.

Dougherty het Alban 15 jaar gelede in die VSA ontmoet toe hy daar gestudeer het. Nadat Alban en haar man geskei is, het die twee ʼn verhouding begin. Hulle het in hierdie tyd na Suid-Afrika gekom om vakansie te hou.

Dougherty het gesê hy is bereid om sy borgtog onder huisarres deur te bring indien dit nodig sou wees. Sy regsverteenwoordiger het aan die hof gesê dat Dougherty skuld op die aanklagte teen hom sal ontken.

Die saak sal na verwagting Vrydag voortgaan.

Lees alle vorige berigte oor Gabriela Alban op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Die berig lees “verwurg en seksueel wreed aangerand met ‘n krultang”. Sy was dus reeds vermoor voor die krultangaanranding. Nogtans is hier ‘n uiters sadistiese daad gepleeg. Wat my mening is is dat so ‘n verwronge brein tot enigiets in staat is. Sou dit die aangeklaagde wees dan moet borgtog nie toegestaan word. Hier moet eers verdere ondersoek ingestel word voor borgtog oorweeg kan word. Daar loop alreeds té veel ‘foute’ rond tussen ons a.g.v. loslatings wat nie moes gebeur het.

SNEL ·

Ja-nee, Wat-Ek-Lees, was my gedagte ook, hoe kan hulle een wat se kop so raas loslaat. Hy het haar 15 jaar geken en nogsteeds doen hy so iets aan haar, goeiste, kan mens iemand so sleg ken, al ken jy hom so lank of kan iemand se kop skielik so begin raas. Wat het hom aanleiding gegee om so iets te doen, hy ken haar dan so lank. Die vent lyk heel normaal; soos die ou langs jou in die SPAR, maar goeiste, can looks be so deceiving. Kry haar ouers baie jammer oor alles wat hulle nou moet deurmaak en hoor wat hy met hul pragtige dogter aangevang het. Hoop regtig hier word mooi gedink voordat hy net op borg vrygelaat word, daar is genoeg sulke “koprasers” tussen ons.

jaco ·

Dis maar net n wit man wat n wit vrou vermoor het, so who cares. Dis tog wat die staat (ANC) van wit mense dink.

Cherokee ·

Moet nie woorde vertaal soos jy goed dink nie. Moet nie dink dat soos jy dit lees is noodwendig reg nie. Jy mag reg gewees het en jy mag verkeerd gewees het maar mense kan verwurg word sonder noodlottige gevolge. As iemand se strot vir enkele oomblikke toegedruk word, is dit verwurg.

Kiepie ·

Nee Cherokee, dan was jy gewurg. Verwurg verwys na die aksie om iets of iemand om die lewe te bring deur dit/hom/haar te wurg. Soos die verskil tussen verongeluk en om in ‘n ongeluk betrokke te wees.

Cherokee ·

Dankie vir die korreksie Kiepie. Selfs slim mense soos ek kan ook foutjies maak, okay! Maar nou het die oorspronklike skrywer weer een van daardie klein misstappies begaan wat die skrywe in die bin laat beland het so ek kan nie eens sorrie sê nie. Dankie weer ‘n keer Kiepie, dit is dus soos in ongeluk en verongeluk. Het nie so daaroor gedink. Thênks!

martien ·

Sjoe hoekom redeneer ek altyd anders. Daar was dwelms en “speelgoed” hierdie is n “s” speletjie wat skeef geloop het. So bitter jammer.

Armando ·

Gaan nooit SPAR toe nie: te gevaarlik. Verkies PnP. Baie veiliger! ;-))

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.