Kampsbaai-moordbeskuldigde nie in hof

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Die verhoor van Guatemalaanse moordbeskuldigde Diego Novella het Donderdag in die Kaapstad-landdroshof voortgegaan hoewel hy nie in die hof teenwoordig was nie.

Novella was nie in die hof nie aangesien hy tans psigiatriese evaluering by die Valkenberg-hospitaal ondergaan.

Die staat het aan die hof gesê die ondersoek na die moord sal in die eerste week van Maart afgehandel wees. William Booth, Novella se regsverteenwoordiger, het al die verslae wat reeds beskikbaar is by die staat versoek. Dit sluit ooggetuie-verklarings en ʼn nadoodse ondersoekverslag in. Die verslag van die forensiese ondersoek was nog nie afgehandel nie.

Novella is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy Amerikaanse vriendin, Gabriela Alban (39), in ʼn hotel in Kampsbaai vermoor het waar die paartjie vakansie gehou het.

Die saak is tot 5 Februarie uitgestel terwyl die hof wag vir die verslag oor Novella se geestesgesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.