Kampsbaai-moordbeskuldigde terug in hof

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Diego Dougherty, die Guatemalaanse moordbeskuldigde, sal Woensdag weer in die Kaapstad-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy Amerikaanse vriendin, Gabriela Alban (39).

Dougherty (43) is op 29 Julie verlede jaar in hegtenis geneem nadat Alban se liggaam in hul hotelkamer in Kampsbaai aangetref is. Alban, ʼn bemarkingsagent van Amerika, het saam met Dougherty in Kaapstad vakansie gehou.

Gedurende die borgtogverhoor het dit aan die lig gekom Alban het wonde aan haar gesig en arms gehad en sy is verwurg.

Dougherty is vroeër by die Valkenberg psigiatriese hospitaal geëvalueer en daar is bevind hy is geestelik in staat om verhoor te word. In sy verklaring aan die hof het hy egter aangedui sy geestesgesondheid sal ʼn kernrol in die verhoor speel. Hy sal ook aanvoer hy was minder toerekeningsvatbaar weens die invloed van dwelms.

Landdros Grant Engel het Dougherty in Mei borgtog geweier omdat hy na sy mening ʼn vlugrisiko is. Dougherty se regspan het egter kort daarna ʼn aansoek om verlof tot appèl by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien.

Lees alle vorige berigte oor die moord van Gabriela Alban op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tiger ·

As hy dwelms gebruik kan hy vlug ook.Hou hom agter tralies anders vermoor hy nog ‘n ander weerlose vrou!

Cherokee ·

En dit is sinneloos om te beweer dat hy minder toerekeningsvatbaar is weens dwelms. Dit sou meer sin maak as dit as verswarend beskou word.

Cherokee ·

En dit is sinneloos om te beweer dat hy minder toerekeningsvatbaar is weens dwelms. Sou meer sin maak as dit as verswarend beskou sou word.

Peter ·

Geestelike ongesteldheid asook dwelm misbruik word té maklik en té veel as verskoning gebruik om weg te kom met misdade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.