Kampsbaai-moordbeskuldigde wil appelleer

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Diego Dougherty, die Guatemalaanse moordbeskuldigde, gaan teen sy borgtoguitspraak wat vroeër die week in die Kaapstad-distrikshof gelewer is, appelleer.

Landdros Grant Engel het Dinsdag die 43-jarige beskuldigde borgtog geweier omdat hy na sy mening ʼn vlugrisiko is.

Dougherty is op 29 Julie verlede jaar in hegtenis neem vir die moord van sy vriendin, Gabriela Alban (39), wat dood in hul hotelkamer in Kampsbaai aangetref is. Alban, ʼn bemarkingsbeampte van Amerika, het saam met Dougherty in Suid-Afrika vakansie gehou.

Gedurende die borgtogaansoek het dit aan die lig gekom dat Alban wonde aan haar gesig en haar arms gehad het en dat sy verwurg is.

Dougherty is by die Valkenberg psigiatriese hospitaal geëvalueer en daar is bevind dat hy geestelik in staat is om verhoor te word. In sy verklaring aan die hof het hy egter aangedui dat sy geestesgesondheid ʼn kernrol in die verhoor sal speel. Hy sal ook aanvoer dat hy minder toerekeningsvatbaar was weens die invloed van dwelms.

William Booth, Dougherty se regsverteenwoordiger, het bevestig dat hulle ʼn aansoek om verlof tot appèl by die Wes-Kaapse hooggeregshof sal indien. “Ons glo dat die landdros fouteer het deur te bevind dat Dougherty ʼn vlugrisiko is bloot omdat hy van ʼn welgestelde familie afkomstig is. Wat het geword van die beskuldigde se reg om onskuldig geag te word totdat hy skuldig bewys is? Ons het so baie waarborge voorgestel soos dat sy bewegings gemonitor word, dat hy ʼn vaste adres het en sy borgtog in huisarres sou deurbring. Hy sou nêrens heen kon gaan nie,” het Booth gesê.

Booth het gesê hy glo die landdros is beïnvloed deur die media-aandag op die saak en deur Alban se ouers wat uit Amerika gevlieg het om die borgtogverhoor by te woon.

Landdros Engel het in sy uitspraak gesê dat Dougherty ook nie sy volle samewerking aan die polisie wou gee nie. Dougherty het onder meer, toe die borgtogverhoor byna klaar was, aangedui dat hy vlot Engels praat en nie ʼn Spaanse tolk benodig nie nadat die saak reeds verskeie kere uitgestel is omdat daar nie ʼn tolk beskikbaar was nie.

Engel het ook gesê hy vind dit vreemd dat Dougherty skielik die kode vir sy selfoon vergeet het toe hy daarvoor gevra is. Die staat moes daarna baie moeite aangaan om die foon te ontsluit. Hy het gesê hoewel die verdediging baie waarborge voorgestel het vir Dougherty se borgtog, beskou hy steeds die beskuldigde as ʼn vlugrisiko.

Lees alle vorige berigte oor die moord van Gabriela Alban op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

D ·

Waarom soek jy simpatie. Hy het geen simpatie vir sy vriendin betoon ni. Sluit jom toe en goei di sleutel weg.

Leeukop ·

Skaam julle, die wat so veg vir wettigmaking van dwelms, hier sien julle dat dwelms as n verskoning vir misdaad gebruik word. Geen drank of dwelms moet ooit as verskoning gebruik word nie. Laat die ou suffer vir die res van sy lewe.

SkarrelKind ·

Jy oordryf met daardie stelling, sonder om feite te kan staaf. Iets wat mense graag hier op hierdie webwerf doen. Baie mense wil hê dat dagga as ‘n natuurlike medisyne aangewend word en gewettig word. En voor jy agteroor val, gaan google Phoenix Tears en kry jou feite reg oor hoe dwelms werk, nie werk nie en wat die verskil tussen dagga en byvoorbeeld tik is. Dan sal jy sien NIEMAND VEG VIR die gebruik van byvoorbeel tik nie.

Sarel Strydom ·

Die ou word borgtog geweier maar die Tokai moodernaars is uit op borg? Verstaan nie aldag nie en die ou se Prokureur wil dwelms aanvoer as versagting?

Tina ·

Ongelooflik dat daar regsverteenwoordigers is wat weet kliente lieg en oor hul eie grwete loop en skuldiges hul nog steeds verdedig!!! Die beskuldigde wil weg hardloop omdat dit vir hom onuithoudbaar geword het maar sy slagoffer het nerens gehad om heen te hardloop. Baie jammer maar hierdie monsters kry te gou borg en daar is TE VEEL rompslomp. Dankie Landros Grant Engel, ek wat ‘n leek is sien in dat hy ‘n vlugrisiko is…kyk en leer uit ondervinding..vir hul wat agter dwelms skuil en vir hul wat dink hul kan hul vieslike begeertes bevredig en dan nie verwag om die gelag te betaal.

Uys ·

Borg toegestaan op US $10 000 000.00 omgesit in rand waarde dan kan hy maar borg kry.
Wat is R100 000.00 in US $. Niks nie.?

Marous ·

Laat hom uit , en stel die voorwaarde dat sy regsverteenwoordiger tereg moet staan vir die aanklag indien hy nie opdaag nie.

Pa het altyd gesê ·

Pa het altyd gesê as jy lieg, moet jy ‘n blerrie goeie geheue hê anders kom hap dit jou aan die hakskeen. Dan het jy maar lae waardes William Booth as jy dwelms as verskoning wil gebruik. Regtigwaar geld maak mense lelike dinge doen!!!!

Amelia ·

Oops agv dwelms? Mooi man, straf hom eers vir sy dwelmgebruik………dit is mos onwettig en dan daarna as hy sy vonnis uitgedien het, hang hom. Laat hy eers mooi dink wat hy gedoen het. Jammer vir sy ouers, want ek is ook ‘n ouer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.