Kampsbaai-moordverdagte hoor dan oor borgtog

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella. Foto: ANA

Die Kaapstad-streekhof sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer in die borgtogaansoek van Diego Dougherty (43), wat beskuldig word van die moord op Gabriela Alban.

Alban (39), ʼn Amerikaanse bemarkingsagent, is in Julie verlede jaar in Kampsbaai vermoor. Dougherty word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, Alban, in ʼn luukse hotelkamer in Kampsbaai verwurg en seksueel wreed aangerand het met ʼn krultang.

Landdros Grant Engel het die uitspraak na 09:00 verskuif sodat Alban se ouers hul vlug terug na Amerika kan haal. Hulle het na Suid-Afrika gereis om te hoor of hul dogter se beweerde moordenaar op borgtog vrygelaat gaan word.

Doris Weitz, Alban se ma, het vroeër gesê sy is verlig dat sy Dinsdag in die hof sal kan wees vir die uitspraak oor borgtog.

Dougherty het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Alban is op 29 Julie dood aangetref in die hotelkamer in Kampsbaai waar sy en Dougherty tuisgegaan het.

Tydens Dougherty se borgtogaansoek het die hof gehoor dat Alban verwurg is. Staatsaanklaer Louise Friester-Sampson het borgtog teengestaan en gesê Dougherty is ʼn vlugrisiko. Volgens Friester-Sampson het die staat ʼn sterk saak teen Dougherty.

Dougherty is van ʼn bekende en skatryk familie in Guatemala. William Booth, Dougherty se regsverteenwoordiger, het egter aangevoer dat sy kliënt nie van moord met voorbedagte rade aangekla word nie en het versoek dat hy op borgtog van R100 000 vrygelaat moet word.

Lees alle vorige berigte oor die Gabriela Alban-moordsaak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

christine ·

Weer William Booth hoekom altyd hy. Is daar nie ander prokereurs in die Kaap wat ook strafsakke doen nie. Of is hy so goed bekend. Regtig snaaks

SkarrelKind ·

William Booth is die beste kriminele prokureur in Kaapstad. (As ek nou die korrekte beskrywing gebruik). As William Booth jou nie los kry nie, dan gaan niemand jou los kry nie. Amper so iets.

Gesiggie ·

Dit is skokkend…. haar vermoor en haar seksueel aangerand met n krultang…. sieklik man…Landros Grant Engel, ek dit dit is baie bedagsaam van jou om in belang van Alban se ouers die tyd te kon skuif, sodat hul ook die uitspraak kon hoor… Ek hoop Dougherty kry wat hy verdien…en as hy dan nou nie die skuldigge een is? hoekom op R100 000.00 Borgtog vrygelaat word…. well hy het die geld, so gaan dit hom help”’sterkte aan Doris Weitz.. en Familie..

Uys ·

R100 000 is niks vir n skatryk familie nie.
Borg moet lees $ 100 000.00 dan sal die man vrygelaat word.

PJ ·

Ons regstelsel vir kriminele en as jy geld het is jou kop deur hy het haar aangerand en vermoor het hy nie ?

So Sad ·

Dit is net sooo sad dat ‘n man wat weet hy het sy ouers se geld agter hom, net kan maak wat hy wil. William Booth enjoy making money, but afterwards you have a responsibility to woman as well, if you think this is cool, funny or worth making money, think again you are a traiter to woman. Really if he just killed her (it is not right) no he had to humiliate her and hurt her so badly, woman abuse in the worst scenario, how much pain did this poor woman experience during his ordeal with a GHD, I hope from the bottom of my heart it was not with a hot one. This woman’s last hours must have been so painfull. The English is for William Booth!!!!!!!!!!

Sad & Bad ·

Vergeet om vir Dougherty en sy ouers, julle kan geld hê soveel soos julle wil, jul kan hom los kry, maar jul kan nie jul gewetes stil kry met geld nie. Dalk lag jul dit lekker af nou, maar vanaand en moreoggend as jy in jou bed lê kan jy nie jou gewete stil en mag dit elke dag en nag met die prentjie van ‘n arme vrou wees wat gil en skril van pyn en dan ‘n dooie vrou met wurgmerke, mag dit julle ry tot aan die einde van jul dae. Dit is een van die wreedste mishandeling en dan nog moord op dit. Arme vrou se vrees en pyn!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.