Kamptragedie: ‘My lief, hardloop vir jou lewe!’

Argieffoto

“My lief, hardloop! Hardloop vir jou lewe!”

Dít was die man (58) wat Saterdagaand ten aanskoue van sy vrou (60) langs die viswaters vermoor is se laaste woorde aan haar voordat twee aanvallers hom oorrompel het.

Johan van Wyk, jare lange vriend van die man wat naby die Mponeng-myn langs ʼn dam by die N12 vermoor is, het aan Maroela Media vertel die egpaar het vroeg ingesluimer en omstreeks 22:30 wakker geword toe twee mans die tent óf oopgeskeur óf oopgesny het.

“Hulle het hom met ʼn klip oor die kop geslaan. Soos wat ons kan aflei, het hy toe sy bewussyn verloor. Die aanvallers het daarna sy vrou met ʼn hamer geslaan en herhaaldelik gevra vir geld en die motor se sleutels. Elke keer dat sy sê sy weet nie waar dit is nie, slaan hulle weer,” het Van Wyk vertel.

Volgens hom was daar mense wat sowat 300 m vanaf die egpaar gekampeer het, maar niks kon hoor nie weens die erge reën en wind.

“Soos wat ons verstaan, het hy weer sy bewussyn herwin en met die aanvallers baklei. Dit is toe dat hy vir sy vrou geskree het: ‘My lief, hardloop, hardloop vir jou lewe!’ Sy kon daarin slaag om weg te hardloop na die mense wat naby hulle kampeer en die aanvallers het ook op die vlug geslaan met sowat R1 000 kontant en selfone.

Toe die vrou weggehardloop het, het die aanvallers die man ʼn paar keer met ʼn mes asook ʼn skroewedraaier gesteek. Hy is op die toneel oorlede.

“Ek het hom gesien, hy moes hard baklei het, want sy palms was ook vol snymerke soos ons vermoed hy die mes probeer gryp het. Hy was so ʼn goeie mens. Almal met wie jy sou praat wat hom ken, sal vir jou sê hy is die beste, daar is niemand beter as hy nie.”

Volgens Van Wyk was sy vriend al ʼn paar keer vantevore by die dam en het hulle twee ook al by geleentheid ʼn paar dae daar langs die viswaters deurgebring. Van Wyk het bygevoeg die gerugte dat die vrou se skouers, hande en knieë gebreek is, is nog onbevestig aangesien sy nog nie vir X-strale was nie.

Haar liggaam is wel baie geswel en potblou.

Maroela Media het vroeër berig kapt. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met ʼn wapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Piet ·

Is nie eers by ontspannings plekke meer veilig nie wat gaan van ons word die wetters is oral jy gaan nerens sonder jou vuurwapen nie waaneer gaan die mense leer hy moet eees soos een van jou ledemate

Verstand te bowe ·

Wat??? Ek werk op die myn hier. Is mens nie eers veilig om te gaan visvan nie.

Snowball ·

Grusaam en barbaars. Elke geweldsmisdaad in SA behoort op Luthuli huis se deur geplak te word, sodat daai politici deur ‘n bloedspoor van onskuldiges kan loop elke keer wanneer hulle daar ingaan om hulle bose planne te beraam. Hulle is die argitekte van chaos en die vesel van verval wat SA vernietig.

Hanna Hoekom ·

Die absolute wreedheid wat met hierdie aanvalle en moorde gepaardgaan slaan my dronk. Ek moet noodgedwonge tot die gevolgtrekking kom dat dit HAAT is en nie “gewone misdaad” soos wat die politici dit dikwels afmaak nie. So tragies! Sterkte aan die eggenote en familie.

Hannes ·

“Bring terug die doodstraf”……..die mees uitgediende ou sinnetjie wat daar bestaan!!!!.Doen eerder n beroep op mense om hul weerbaarheid te verskerp

Ken ·

Ek stem Hannes!! Wens mense wil ophou met die ou “bring terug die doodstraf” sêding…. Dit gaan nie teruggebring word nie mense! Word wakker. Wees paraat en gereed om terug te veg. Hierdie aanvallers voel absoluut niks. Polisie gaan ook nie help nie, bewapen jouself al is dit ‘n knipmes, beter as niks….

Gerhard ·

Die doodstraf gaan nooit terugkom nie, vergeet dit nou eenmaal. Dit is ook nie noodwendig ‘n slegte ding nie want dit sal soos omtrent enigiets anders met dubbele standaarde toegepas word.

Linda ·

Dis die laaste ding wat julle wil trug he in so korrupte land. Onskuldige mense sal doodstraf kry. Onthou wat vir een tel tel nie vir hulle nie.

Etienne ·

Doodstaf gaan niks help as die mense nooit eers gevang word nie….

Matt ·

Bring terug die doodstraf sodat ons wettig vermoor kan word ag asb…. skrik wakker… kyk wat om julle aangaan…

mona ·

My man en vriend het gister daar vis gevang.. wie doen dit aan ou mense?

Anoniem ·

Hoe siek moet ‘n kop wees om onskuldige mense so aan te val !
Maar die Vraag ? is WIE ? gee die opdragte om sulke dade te pleeg ????

Cherokee ·

Wie(?) gee die opdragte om sulke dade te pleeg?
Soos jy aandui, dit is algemene kennis dat dit nie bloot misdaad is maar gedoen word in opdrag van een wat die pionne rondskuif. Daardie een gaan in skaakmat geplaas word, maar nadat nog hoeveel stukke van die bord verwyder word!

mona30 ·

My man en vriend het gister daar vis gevang.. wie doen dit aan ou mense?

Christine ·

Graffeer die name op die deur dat hulle dit nie kan verwyder nie. Verf oor dit in rooi verf dat hulle dit duidelik kan sien

Cherokee ·

Carletonvillers en Fochvillers… kyk na julself asseblief. Ek was vir dekades een van julle en ken baie van julle by die naam. Kyk na jul gesinne en kyk na julself asseblief. Loop lig.. asof op eiers, die bose is tydelik vrygelaat en sal weer gebind word. Maar kyk na julself. Wanneer ek berigte soos diè sien, kommer ek oor my geboortedorp. Loop lig.

Heeltemal gebroke ·

breekpunt verseker, Ondenkbaar, mag God die famielie dra.

Wondermanet ·

Ek wonder of die mense nie betaal word om ons dood te maak nie. Hul moor, en word nie gevang nie en moor weer? Moordenaars word mos nie in SA aan die kaak gestel nie! Op ‘n ander noot: dit is asof ek baie meer rassisme ervraar in winkels, in Transvaal en Natal. Hul loop teen jou vas, gee nie pad vir jou nie, groet nie meer, ens…….. Broei hier dalk iets? Ons moet op ons kniee bly.

Botterblommetjie ·

Dit is hartseer.. Maar waar.. Die haat sien jy oral, in jong oë… Hulle stap in groepe wn stamp jou en is baie aspris… Deur al die haat berigte en moord probeer ek my Jesus liggie laat skyn en hoop. My groet, al groet niemamd terug, my glimlag, my hulpvaardigheid al kry ek n vuil kyk maak in 1 persoon se lewe n verskil… Oral is mense gevul met demone… satan is los op die aarde en hy verslind.. Tot op whatsapp groepe is die hackers besig om oor en oor verby siek porno te versprei.. Ek bly kalm, ja angs wil my ook vang, maar wat gaan dit help. God is in beheer en ek herken God sal ons red.. Al hierdie dinge as mens eerlik is is ons eie skuld… Pleit vergifnis voor God… Want van die voorgeslagte se bloed loop en raak ons..

Koos de Meyer. ·

Waar jy ook al gaan vat jou wapen saam al is dit skok stok. Die gemors val bejaardes aan want h is lafaarts.

Wilma ·

Strawwe te lig. Kry borg van R1000. Hu belaglik
Gn borg vi moordenaars. Boendoe howe oe ek mal daaroor

PJC ·

Ek en my kinders wat nog in SA is kamp graag of bly in “bungalows” op plase oor. Die veiligheids aspek bekommer my al baie lank. Ons het onlangs op ń plaas in die Vrystaat oorgebly. Ek let toe op die eienaar se huis is die ene diefwering en traliehekke maar die oorblyplekke van die gaste het niks van die aard. Dit het gemaak dat ek beter oplet en ek kom toe agter die eienaar loop met ń versteekte vuurwapen aan sy persoon rond. Hierdie laat my dink die publiek moet begin aandring op beter veiligheids maatreëls by oorblyplekke.

Cherokee ·

…òf oorblyers moet weier om oor te bly op onveilige plekke.

Gerhard ·

Dit gaan oor geld. Dit is omdat diefwering mense reeds laat dink dit is onveilig daar. Mense wil nie iewers vakansie hou waar dit ooglopend onveilig is nie.

Klou ·

En dan moet ek rustig wees oor my seun wat vir NZ visvang en in Februarie aan die gras karp wereld kampioenskap gaan deelneem in SA. Sal die berig vertaal en aan NZ sport deurgee.

Adel ·

Ek bid God se genesing toe op sy vrou fiesies en emosioneel. Mag die liefde van God die famielie omring en vul om dit te verwerk.

Philip ·

Mr President, we want to hear you on all these tragic murders, and to see action! Please, Mr President!

Botterblom ·

Vergeet van Mnr President… Roep daagliks God aan… Hy wag vir ons en ons is stil… Ons lees al die berigte en spoel ons haat uit en maak planne… Geen wapen het krag sonder God nie…

kallie ·

dit is nie die reg van die moordenaards om jou privaatheid te skend nie,ons moet leer om veral as ons na sulke plekke toe gaan om ons self te bewapen. Jy moet joouself en jou dierbares op ‘n manier kan beskerm

Andrea van Vuren ·

Die kerke moet die 10 gebooie terugbring. Mense leef wetteloos.

Niklaas ·

Dinge in SA is lankal buite beheer. Dis nie slim om te kampeer in isolasie nie , want jy word n maklike teiken. Ek het al vakansies by pragplekke wat in risiko gebiede is , gekanselleer weens vrese vir skakings en om deur rowers oorval te word. Ook het ek voetslaan op riskante roetes begin vermy. Mens moet nie kanse vat nie. As jy twyfel oor veiligheid by n oord , bly jy eerder weg.

Die Snaarstyf Gespanne Lewe langs die viswaters ·

Ek stem saam bly eerder weg as ‘n person nie veilig voel nie. Wees veral versigtig diegene wat van visvang hou. Die kriminele weet dat mense langs die viswaters ontspan en nie so op hulle hoede is nie veral as drankies betrokke is. Diegene langs die viswaters is baie maklike teikens om te beroof en te vermoor en die kriminele weet dit baie goed.

Vicky Alberts ·

Saterdag aangeval,vandag is Maandag en sy is nog nie gestuur vir x-strale nie!? Laat ek raai,STAATS HOSPITAAL IN VAALDRIEHOEK.!

Heather ·

Ai tog mense, lees jul nie die koerante nie? Kyk jul nie nuus nie? Hierdie aanvalle op ons as wit mense word haarfyn beplan, ons is rerig nerens meer veilig nie! Hulle target jou oral, veral winkel sentrums, ATM’s, sien ook tot by vulstasies nou! Hulle wil paniek saai onder ons! Ons kan net elke aand vra dat God sy engele op die hoeke van ons huise/tente/ wat ookal sit om ons te beskerm!

Nerina Smith ·

Ons het ‘n plasie in die Noorde van NY staat, vier ure van NYC af. Ons maak al die afgelope 10 jr, wanneer ons daar weggaan, ons karavaan toe met ‘n seil, met kragopwekker, gereedskap, ens. onder die karavaan. Kom jy 6 maande later terug, is alles nog net so soos ons dit gelos het. Ek kan nie meer hierdie goed wat in SA aangaan hanteer nie, ek voel om permanent te trek. Ons mense neem jare om te werk vir wat hulle het, net om dood gemaak te word vir ‘n paar goedjies soos selfone en horlosies. Wanneer gaan dit ophou. Mense se lewens is niks meer werd nie

Annelie ·

Ag Here……hoor ons Smeekgebed! Hoeveel lewens moet nog so sinneloos weggeruk word? Wees ons Genadig Vader, want op U alleen kan ons vertrou vir beskerming. Hulle wil paniek onder ons saai, ons beroof van ‘n lewe van vrede en geluk…..maar vanaand kom proklameer ek, soos daai liedtjie sê ” I’m no longer a slave to fear, I am child of God!!! Sterkte aan sy geliefdes

Carina ·

Dra jou eie”doodstraf” 24 uur n dag aan jou lyf…dit is die enigste manier om jou en jou gesin te beskerm….bly weg van damme riviere en vakansie plekke wat net wins ingedagte het en min of geen sekuriteit het nie….wees paraat.

Annoniem ·

Wat gaan aan met die mense, die sekuriteit moet bykom en mense aanstel wat die werk kan doen, mense het n reg op vakansie plekke en n reg op veiligeid daar moet op enige vakansie plekke hoe sekuriteit en veiligheid toegepas word sodat toeriste veilig voel. Mense wat ander mense vermoor en verkrag moet nie eers in n vakansie plek togelaat word nie, hulle moet streng reels begin volg. As alles soo aangaan, waar sien n mens n toekoms vir jou kinders, as jy moet vir jou kind se hy of sy mag nie gaan kamp of na n vakansie plek toe saam vriende nie, nie net vir jong mense nie vir ou mense ook asgvl van verkragting en moord, ek se bring doodstraf terug, wat mense aan onskuldiges doen is verkeerd!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.