Kampusveiligheid: dís die plan

(Foto: ANA)

Die minister van polisie, Bheki Cele, het met talle kanseliers van die land se 26 universiteite vergader in ʼn poging om die onlangse vlaag geweld op en rondom kampusse te probeer stuit. Cele het aan die kanseliers gesê dit is belangrik dat studente veilig voel.

“Die geweld op kampusse en rondom die instellings is meer as net geslagsgebaseerde geweld. Ons sien nou aanvalle en geweld teen die studentegemeenskap in die algemeen,” het Cele luidens ʼn verklaring gesê.

Prof. Ahmed Bawa, uitvoerende hoof van Universiteite Suid-Afrika, het gesê studente vorm ʼn belangrike deel van die sekuriteitsaanpassings wat hulle op kampusse wil sien.

“Ons kan dit nie alleen doen nie. Ons het die vermoë om sommige goed te doen, maar ons het die steun nodig van studente, die gemeenskappe om die instellings, die polisie, strafregstelsel en ander staatsdepartemente. Dit is ʼn kwessie wat ʼn holistiese aanslag verg. Hierdie is ʼn maatskaplike krisis,” het Bawa gesê.

Die verskillende rolspelers het ooreengekom om ʼn taakspan op die been te bring wat korttermyn- en langtermynoplossings vir veiligheid op en rondom kampusse moet vind.

Die komitee gaan bestaan uit verteenwoordigers van die polisie, die Reguleringsowerheid vir die Private Veiligheidsbedryf (PSiRA) en lede van die universiteitsgemeenskap.

Voorstelle is reeds ter tafel gelê.

Dit sluit in die stigting van sogenaamde slagoffer-vriendelike fasiliteite wat studente wat slagoffers van misdaad was vinnig kan help, veral diegene wat deur geslagsgebaseerde geweld geraak is. Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings sal ʼn steundiens by dié fasiliteite bied.

Nóg ʼn voorstel is die aanneem van hoër onderwysinstellings deur spesifieke polisielede in ʼn poging om reaksietye te versnel.

Sosio-ekonomiese uitdagings gaan ook aandag kry en daar gaan gekyk word hoe armer studente beter gehelp kan word in ʼn poging om hulle uit die kloue van misdaadnetwerke te help hou.

Studentevervoer en -akkommodasie gaan ondersoek word en daar sal met huisbase vergader word oor die maatreëls wat ingestel kan word om studente beter te beveilig.

Die plan is om ook met die departemente van hoër onderwys en van maatskaplike ontwikkeling te vergadering om die projek na TVET-kolleges en skole uit te brei.

Cele het studente gevra om ook met oplossings vorendag te help kom.

“Studente moenie voel dat die polisie ʼn polisiestaat om hulle skep nie. Ons wil met hulle praat en wil hê hulle moet deel vorm van die stryd teen misdaad.

“Ons weet dat alkohol ʼn groot rol speel wanneer studente aangeval word of mekaar aanval en dit is hoekom ons streng gaan optree teen onwettige watergate wat veral naweke tot misdaad bydra,” het Cele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oplossing ·

Ek het ‘n goeie voorstel maar dit mag nie gese word nie. Ons weet dit is tog die logiese oplossing. raai raai… maar dink dit net.

Tallies ·

‘n Klompie jare gelede was die universiteits lewe ‘n sorgvrye lewe waar iemand kon konsentreer op studies en die studentelewe geniet …………………. Alles is besig om te vergaan in hierdie land …………

aj ·

Voorkom misdaad by universiteite deur die massas huistoe te stuur … en gee die lesings deur TV en Internet.

Kampusse raak toenemend “lêplekke” vir werklose jongmense.

Susna ·

Hoe tragies is hierdie situasie vandag in Suid Afrika. Daardie sorglose studente jare le vandag aan skerwe vir ons kleinkinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.