Kampusverkragter sit lank

Argieffoto

ʼn 33-jarige man is in die Mankweng-streekshof in Limpopo tot ʼn lang tronkstraf gevonnis nadat hy studente van die Universiteit van Limpopo in 2012 geteister het.

Sylvester Nomafela het die studente, wat nie op die kampus gewoon het nie, se kamers betree, hulle verkrag en hul eiendom gesteel, het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Nomafela het minstens vier vroue tussen Januarie en Februarie verkrag. Hy het op 22 Februarie minstens twee vroue, onderskeidelik 19 en 20 jaar oud, verkrag en die volgende dag het hy ʼn 18-jarige student verkrag.

“Die beskuldigde is tot 20 jaar tronkstraf elk gevonnis op drie aanklagte van verkragting,” het Mojapelo verduidelik. “Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir ʼn vierde aanklag van verkragting en vyf jaar tronkstraf op aanklag van roof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paulus Rood ·

Oor ‘ n paar maande of paar jaar loop hy maar weer om aan te gaan waar hy opgehou het. Deur goeie gedrag of omdat hy kamma-kastig vreeslike berou het?!

Cherokee ·

Julle negatiewe kommentare is irriterend omdat dit niks aan die werklikheid verander nie en bloot afbrekend is. Paar maande of paar jaar sê jy wat beteken dat jy nie eens dink oor wat jy sê nie want tussen ‘n paar maande en ‘n paar jaar is ‘n paar jaar verskil. Is jy lid van enige beweging wat swak polisiëring en swak vonnisoplegging of swak regspleging aanspreek of pos jy net negatiewe kommentare sonder enige werklike bydrae tot verbetering? Ons is in die gewoonte om mense bloot negatief te stem in die forums sonder om enigiets te probeer verbeter.

Verbeter ·

Wat doen jy tot verbetering i.p.v ander aan te vat? Deel jou “voorskrif” met ons,sodat ons kan weet hoe om op te tree soos jy dit graag wil he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.