Kampvegter teen Marievale-uitsettings neem eie lewe

Willie Koekemoer. Foto: Facebook

Willie Koekemoer (41), die man wat die voortou geneem het om geregtigheid te kry vir inwoners van Marievale wat onwettig uit hul huise in dié ou militêre basis gesit is, het Saterdagmiddag sy eie lewe geneem.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van Marievale was in Mei verheug ná ʼn hooggeregshof-uitspraak deur regter N. Davis in Pretoria dat hulle na dié basis mag terugkeer nadat hulle in November gewelddadig van die basis verwyder is.

Davis het bevind dat alle inwoners van Marievale toegelaat moet word om terug te keer na hul huise en waar dit nié moontlik is nie, moet die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) vir hulle alternatiewe behuising verskaf.

Dit het egter nie gebeur nie en inwoners word steeds toegang tot die perseel belet.

Wanda Koekemoer, Willie se ma, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat Willie Saterdag sy eie lewe geneem het.

“My skoonsussie het hom gebel en hy het gesê ‘tannie, ek is verskriklik moeg’. Hy het gesê hy kyk op in die son en sien God se gesig,” het Wanda gesê.

Haar seun is onlangs in ʼn kliniek opgeneem waar dokters hom gediagnoseer het met uitbranding en hy vir sewe dae slaapterapie ontvang het. “Toe hy daar uitkom, het hy drie soorte medikasie gebruik, hy was soos ʼn zombie,” sê sy.

“Daardie kinders wat in Happiness Village (die nedersetting waarin talle van Marievale se gewese inwoners nou noodgedwonge gehuisves word) woon wat so koud kry, het hom so gepla. Ons het gery en gaan koerante indruk by die openinge van die huise dat die winterwind nie deur hulle sny nie. Hy was so bekommerd oor hulle.”

Wanda beskryf Willie as iemand wat altyd die goed in ander raakgesien het. “Hy was net goed vir mense, hy was régtig net goed vir mense.”

Louise du Plessis, prokureur van Lawyers for Human Rights wat die Marievale-inwoners verteenwoordig, het Maandag aan Maroela Media gesê die weermag bly nou terugval op die “alternatiewe behuising”-idee.

Die t-hemde wat vir Willie Koekemoer se begrafnis laat druk is. Foto: Verskaf

Sy het benadruk dat inwoners ná talle skrywes waartydens hulle geen reaksie van die weermag ontvang het nie uiteindelik ʼn vergadering met lede gehou het waartydens ʼn inspeksie gedoen is.

“Die weermag stel nou voor dat die mense kan terugkeer na Marievale en in twee groot bungalows bly wat elk 120 mense kan huisves. Vroue en mans moet geskei word, daar is geen privaatheid nie, asook geen kookgeriewe nie. Dít is die alternatiewe behuising wat hulle voorstel. Dit is nie voldoende vir ons kliënte nie.”

Hofdokumente wat dit stel dat die minister van verdediging en militêre veterane, kol. Mkhize, bevelvoerder van Marievale, en ʼn ander senior beampte van die weermag hulle skuldig maak aan minagting van die hof, is volgens Du Plessis reeds aan die drie beteken.

Die minagtingaansoek sal teen 14 Augustus aangehoor word. “Ons vra daar moet bevind word dat hulle die hofbevel minag en dat tronkstraf dan opgelê word.”

Maroela Media het in Desember berig inwoners van Marievale is sonder heenkome gelaat nadat die weermag glo ondanks die hofinterdik voortgegaan het om hulle gewelddadig uit hul huise te sit.

Koekemoer het destyds aan Maroela Media gesê ʼn dringende interdik is op 1 Desember 2017 deur die hooggeregshof in Johannesburg toegestaan waardeur die uitsetting van inwoners van Marievale verhoed word. Die weermag het egter ondanks die interdik bloot voortgegaan om inwoners uit te sit en toegang tot hul wonings in die basis te weier.

Willie sal Vrydag uit die AGS-kerk in Nigel begrawe word, dieselfde kerk waarin hy en sy vrou destyds getroud is.

Die mense van Happiness Village het volgens Wanda T-hemde laat druk met Willie se gesig daarop en sal almal Vrydag die begrafnis bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

E.K. die eerste ·

Ai… sterkte aan familie en vriende. Dis indirek Mkhize en sy trawante se skuld. Hoop hul slaap lekker snags

Ella ·

Ag vader wat gaan in SA? Die wat omgee word nie gehoor en die wat nie omgee kom weg met hul aksies.
Menswaardigheid beteken niks vir die regering.
Here dit kan nie so aangaan nie. Help ons asb.

Essa ·

Ek is so hartseer oor hierdie man vir wie sy stryd teen onreg te veel geword het. Simpatie vir almal wat hierdie verlies ly.

jakes ·

Tragies dat Willie wat soveel vir ander omgegee het, sy eie lewe moes neem. Hy sal n held bly vir altyd en sal sy belonging in die hemel ontvang. Die weermag se vuil en slonsige basisse is bewys daarvan dat hulle nie omgee nie. Hoop die hof sal strafregterlik optree.

Johan ·

En dit het begin met ‘n hofbevel wat verontagsaam is en tog gebeur niks aan die skuldiges nie. Ek glo Willie het dit gesien en was op moedverloor se vlakte. Is ons regstelsel nog iets werd?

RIV Willie.

Liza ·

Sjoe dis so hartseer. Ek Bid dat ons Hemelse Vader sy familie sal bystaan deur die seer tyd. En dat daardie arme mense hul behuising sal terug kry. RIV

Magaretha van heerden ·

Hoe tragies. So baie wat vir depressie behandel word pleeg selfmoord. Die medikasie is te blameer. Die lewe is soms so moeilik vir mense. Turn your eyes upon Jesus and the things of the world will grow strangely dim. Ek huil ook vir die arm mense in SA en vind dit moeilik om mense te vind soos die man, wat wil help.

Waarom ·

Magaretha, het jy al aan depressie gely en het jy al medikasie daarvoor geneem? Jy kan nie die medikasie wat vir depressie voorgeskryf word, blameer nie. As mense op die korrekte medikasie is en die regte terapie ontvang, is die kanse dat hulle gaan selfmoord pleeg, skraler. En glo my, ‘n klomp mense kyk op na God vir hulp. Die feit dat iemand sy eie lewe neem, beteken nie dat hulle hulle rug op God gekeer het nie. Ek praat uit ondervinding. O ja, die lewe is moeilik vir alle mense!

Mrs H ·

Hierdie man kon die geveg nie meer alleen behartig nie. Hulle het om hulp geroep, maar die media en volk het niks gehoor en hulle gevaal… Nou is dit te laat vir n volk wat n man soos hy, later baie nodig gaan he. Gaan rus saggies Willie, jy het jou kant gebring. Ons neem mos aan: “no news, is good news”, wanneer ons niks verder in die media van julle gehoor het. Baie sterkte aan familie.

Maggie ·

Die ANC moet direk aanspreeklik gehou word vir die man se selfdood… !!! Hy het alles gegee, en gewen, en toe gevoel hy het alles waarvoor hy geveg het verloor, omdat die regering weier om ons Blankes te help. Mens kan sommer die moedeloosheid, in die artikel aanvoel.. baie hartseer. Die ANC het geen probleem om ENIGE uitspraak ten gunste van die Blanke te minag en te ignoreer nie..

Hannelie ·

Gaan rus sag. Meer kon jy nie doen nie. Sterkte aan sy familie.

HPV ·

Willie het alleen geveg vir ander, so ook alleen gesterf. Salueer jou, die dood maak vry!

Vreeslike Frikkie ·

Het lankal vermoed die weermag is verhewe bo die wet. Waar berg ons ons? Waar vlug ons heen?

Callie ·

Hierdie is die grootste bewys van die blanke in die land se wil om iets te doen. Een man en sy paar mense staan op. Die res van ons sit in ons huise en vergeet net eenvoudig van daardie mense. Hoe stel dke ANC dit. Tax die wittes, vat alles stadig by hulle. Hulle sal nie opstaan nie want hulle is te bang hulle verloor wat hulle het. Ons tyd is verby weens ons ruggraatloosheid

Johanna ·

Wat n hartseer gebeurtenis. mag jy sag rus Willie. jy was die mense se held. ons bid saam dat hierdie mensies vir wie jy so geveg het, geregtigheid sal kry.

Maryna ·

Ek stem saam. Dit gaan nie oor hoe nie. MAAR wat gaan doe mense nou doen om Willie se harde werk klaar te maak. Hy was n goeie mense ek hoop niemand vergeet dit nie.

G ·

Ai! Dis omtrent harteer… Die lewe het so baie uitdagings… Hoe oorkom mens alles?
Die goeies word al minder en die slegtes al meer! RIV Willie

Oujongvrou ·

Ag Mkhize en kie gee nie n duit om, nog minder die ANC. Het die mense vir een sekonde gedink hulle gaan hulle skeel wat n hof se. Howe het geen segenskap in hierdie land meer nie. Ek wens ek kan n towerstaf swaai en woeps is elke witmens weg uit hierdie land na n paradys. Dis wat hierdie ANC en Mandela se mense verdien.

Bekommerd ·

Solank ons mense nie gaan saam staan nie gaan ons niks reg kry nie en sal alles verloor gaan ons wag tot dan .Ons het nie n Willie nie wat nog van n leier wie gaan die voortou vat en se ek sal die leir wees niemand

Nettie ·

Miskien moet dié mense uitvind waar me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Minister van Verdediging woon en daar, op haar grond/by haar luukse erf/huis gaan plak.

Essa ·

Moenie hierdie tragiese maatskaplike kwessie verpolitiseer nie; fokus op ‘n goeie man se lewe en dood. Google gerus Marievale en lees vorige berigte. Hierdie is net nie die regte geleentheid om die regering by te kom omdat “hulle wittes nie help nie”.

Nettie ·

@Essa – die saak is reeds verpolitiseer …. deur die ANC-regering wat ‘n uitdruklike hofbevel geïgnoreer het en hierdie mense harteloos en wetteloos uit hul huise gesit het, sonder dat daar enige gronde voor was.

Nou vee die ANC-regering, d.m.v. die ANC-Departement van Verdediging, hul alies aan ‘n hofbevel, hierdie mense en hul gesinne af. Dit is nie ons, Jan Alleman op straat, wat alles verpolitiseer nie.

En ons het werklik simpatie met die man en sy familie – hoe desperaat moes hy nie gewees het toe hy sy eie lewe geneem het nie!

Malva ·

Willie ek vra ekskuus namens die sonder hart… innige meelewing aan sy familie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.