‘Kampvegter vir inenting’ glo dood weens Covid

’n Skermskoot van die video waarin Iris Adams (64) in Februarie vanjaar verskyn het.

Iris Adams (64), die eerste gesondheidswerker wat in Februarie vanjaar by die Karl Bremer-hospitaal in die Wes-Kaap teen Covid-19 ingeënt is, is op 14 September dood, glo weens komplikasies wat met dié virus verband hou.

Adams het op 24 Februarie vanjaar in ʼn video op die departement se Facebook-blad verskyn, kort nadat sy teen die koronavirus ingeënt is.

“Ek het pas die entstof ontvang. Ek voel goed. Ek wil almal aanmoedig om hul inenting te gaan kry,” het sy destyds in die video gesê.

Shimoney Regter, ʼn woordvoerder by die departement van gesondheid in dié provinsie, het Adams se dood aan Maroela Media bevestig en volgehou dat haar afsterwe geensins met die inenting verband hou nie.

Die presiese omstandighede van haar dood is egter nie bekendgemaak nie.

“Sy was ʼn gewaardeerde lid van die Karl Bremer-hospitaalspan en ʼn kampvegter vir ons inentingsprogram. Sr. Adams is nié weens die entstof oorlede nie,” het Regter aan Maroela Media gesê.

“Ons moedig lede van die gemeenskap aan om hul inentings te kry, aangesien dit die beste verdediging teen die virus is en ernstige siekte, hospitalisasie en dood weens Covid-19 verminder.”

Dr. Cloete Jansen van Vuuren, ʼn spesialis in die behandeling van oordraagbare siektes, sê dat daar selfs in studies enkele mense is wat ten spyte van ʼn inenting steeds aan Covid-19 dood is.

Hy sê dat faktore soos ouderdom en onderliggende siektetoestande kan veroorsaak dat mense nie goeie teenliggaampies teen die virus produseer wanneer hulle die inenting ontvang nie.

“Die kans bestaan steeds dat jy die virus kan opdoen, veral hoe meer tyd ná jou inenting verloop.

“Dit bly egter die moeite werd om ingeënt te word, aangesien die entstof meer as 80% beskerming teen ernstige siekte of selfs dood weens Covid-19 bied.”

Boonop, sê Jansen van Vuuren, dra mense wat die inenting ontvang ook tot die beskerming van die klein persentasie mense by wat nie sterk teenliggaampies teen die virus produseer nie.

“Daar is genoeg navorsing en bewyse dat mense wat die entstof ontvang het, ook minder aansteeklik is. Diegene wat ingeënt is, is ook vir ʼn korter tydperk aansteeklik. Dus, deur ingeënt te word beskerm jy nie net jouself nie, maar ook ander mense wat nie ʼn goeie reaksie op die entstof het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Johann ·

Darm baie moeite om iets te sê oor iets wat nie is nie…..?

Esta ·

Daar was n genoegsame daling in nuwe positiewe gevalle oor die laaste maand…soveel so dat die inperkingsvlak afgebring is…. op daardie stadium slegs 30% van die bevolking ingeent . Dit wil vir my voorkom of MoederNatuur nie enige hulp nodig het om die balans te hou nie, Sy doen dit al deur die eeue heen. Ineenting IS NIE DIE OPLOSSING wat die regering wil voorgee dit is nie. Dit het gegaan van geen infeksie en masker as jy ingeent is na steeds infeksie en alle covid protokolle. Glo nie enige iemand het werklik antwoorde nie, maar moet IETS se om voor te gee dat alles onder beheer is.

Esta ·

Yes, eks seker sy het ook haar vertroue in die inenting geplaas

Misky ·

Van Vuuren sê dat daar “genoeg navorsing en bewyse” is oor die entstof. Kan sy dalk uitbrei en hoeveel is haar “genoeg” en hoeveel jare se navorsing is dit nou en die langtermyn gevolge vir: mans teenoor vrouens, jonk teenoor ouer mense, oorgewig teenoor slank, kankerlyers, diabetes en so kan ek aangaan. Wat is julle bewyse vir daai navorsing?

VaalDonkie ·

Ek weet nie watter navorsing hulle van praat nie want die virus en die entstof is splinternuut. En ons is dan nog besig met die “navorsing”. Mens moet eintlik hierdie ouens se name neerskryf sodat jy kan onthou wie die sondebokke was.

Lourens CFG ·

Nie so nuut nie.
Fauci het in die 90’er jare die “entstof” probeer patenteer , die Mrna, toe skop USA se mediese mense (dink hulle is CDC) dit uit omdat dit nie werk soos ‘n entstof nie.
Die lui mense moet nou nie vra waar mý bewyse is nie, dit is nie mý bewyse nie.
Soek vir soveel inligting as moontlik, en jy gaan uitkom waar ek is.
Leidraad:- Begin byv. by vaccination patents, en dan vêrder.

melaney ·

Was onlangs by my dokter oor ‘n onverwante saak. Hy het my aangeraai om nie vir google te glo nie.

Pieter ·

Daar is net massa media disinformasie oor ‘n griepvirus wat ‘n inspuiting nodig het en die hoofstroom media druk hierdie waninligting vir eie gewin. Massa histerie het gelei tot massa hipnose.

VaalDonkie ·

My innige meegevoel met haar familie. Hulle het ‘n leuen vertrou en die hoogste prys betaal. En dis nie hulle skuld nie. Die skuld is 100% die van die owerhede en werkgewers wat so gretig is om die goed in ons kele af te druk.

Anoniem ·

Met ander woorde jy sê sy sou covid oorleef het as sy nie ingeënt was nie?

VaalDonkie ·

Ek weet nou nie daarvan nie, maar sy’t gedink die inspuiting gaan haar lewe red. En dit het nie.

VaalDonkie ·

Ek stem nie saam hiermee nie. Sy het gedoen wat sy geglo het (en deur mense wie sy moes kon vertrou vertel is) die beste ding is.

Jacobus ·

Semantiek is ‘n tweesnydende swaard – ” ten spyte van/ as gevolg van” inenting. Dit is ‘n groot tragedie dat so ‘n uitmuntende persoon oorlede is. Dit dra egter by tot ‘n kommerwekkende tendens.

SlinkseKoljander ·

Meeste mens wat ingeent word sal seker in die volgende paar jaar sterf.

VaalDonkie ·

Ek hoop rerig nie so nie. Hulle is nie die meesterbreins agter die ding nie.

Hardekwas ·

Die meeste mense wat nie ingeent is nie sal ook binne die volgende paar jaar sterf.

Zombie ·

@Hardekwas, ek moet nogal met jou saamstem. Mense is nogal geneig om dood te gaan.

Anoniem ·

En julle het ‘n groot probleem as alles ineen stort omdat daar nie genoeg mense is nie

Rooikopheks ·

Moenie nonsens praat nie, alles is spekulasie, ingeënt en oningeënt. Niemand kan enige aanames maak nie. Dalk is dit eerder die ingeëntes wat sal oorleef. Niemand sal weet nie, maar ek is dankbaar om die inenting te ontvang het. Gelukkig kan elkeen self besluit wat hulle wil doen.

Jacob ·

Dr Jansen van Vuuren, verduidelik asb, daar is beweer dat die entstof volle beskerming bied teen die virus. Nou wat nou?

Is jou syfer van 80% reg of is dit net vir ‘n baie beperkte tyd waarna die beskerming val tot in en onder die 60%?

Dit is deur verskeie internasionale kenners op die gebied van Covid 19 beweer dat die viruslading van die wat die ent ontvang het, nie laer is met deurbreek infeksies as die wat nie die ent ontvang het en die siekte onder lede het nie. Wie is reg?

Aansteeklikheid van die wat inge-ent is, verskil geensins van die wat nie inge-ent is nie volgens navorsing deur verskeie geloofwaardige instansies. Wie praat nou nonsens?

Wat van natuurlike immuniteit? Waarom praat al die “kenners” met wye draaie daarom? Waarom wil julle ‘n eksperimentele terapie in mense se kele afdruk?

Skakel asb met Dr Robert Malone en hoor uit die mond van die persoon wat die mRNA tegnologie ontwikkel het, wat die werklike risikos daaraan verbonde is. Ek het.

Filistyn ·

As jy sterf weens kanker of hart of wat ookal, word daar gesé die oorsaak is Covid. As jy die vax geneem het en jy sterf, dan het jy onderliggende probleme gehad. Die vax is nooit die oorsaak nie.

Frank John ·

Ek dink hulle lieg nou lekker, die effek van die entstof wass 88% maar in heroorweeging is besluit op 47%-48%. Nou keer hulle en sê weer 88%. En hier sê hulle, hoe langer na die ent raak meer vatbaar vir virus. Ek hoop die nuus laat almal weet, ons vertrou nie die vacs nie.

Rooikopheks ·

Baie mense kry jaar na jaar die griep inspuiting, en word dan ook bitter siek, hoe verklaar dr’s dit?

KB ·

En so sal hulle aanhou toesmeer.
Dan vra julle hoekom die grootste deel vd publiek nie wil inent nie?!
Kom vir ‘n slag met die ware feite na vore. Julle smeek ons eintlik om julle te wantrou.

KB ·

Die pers het vanoggend berig dat dit nog 30 jaar sal neem om ‘n entstof teen Malaria te ontwikkel. In dieselfde asem wil wetenskaplikes/farmaseutiese reuse/medici/politici/ea ons kom wysmaak dat hulle ‘n skadelose entstof teen Covid-19 in 18 maande ontwikkel het!!!
Droom voort.

MakersMark ·

Malaria is ‘n parasiet terwyl CV19 ‘n virus is
so reuse verskil om die tegnologie van die entstof.

Rooikopheks ·

Die oorgrote meerderheid mense verstaan nie die verskil tussen VIRUS, BAKTERIA OF PARASIET nie. Nogal jammer veral as hulle dit kan google en probeer om met insig te verstaan.

VaalDonkie ·

Snaaks genoeg is malaria pilletjies net so doeltreffend soos Ivermectin aan die begin van ‘n COVID geval wanneer die virus lading nog groei. Dit de-natureer die proteine op die virus se selwand en verhoed dat dit aan jou selle kan kleef. Sodoende keer dit die voortplanting.

Maar ja, ‘n malaria-entstof is effe moeiliker as ‘n pilletjie wat jy drink soos jy hom nodig kry.

lodewyk ·

Kyk moenie vir my se apples is pere nie,vir my sal julle nie oortyg nie,maar rus in vrede vrou
Die inenting gaan n 6 maandelikse ding word en nou is hulle nog besig met die AVT pille ook om mense te help wat ingenet is?? -Wat nou??

Owlie ·

Dis tyd dat daar bekend gemaak word hoeveel mense newe effekte NA DIE INENTING gekry het Dit help nie om vir verkiesings doeleindes verslapping in te stel en aan te hou ontken dat daar ernstige newe effekte tot ernstige siektes NA DIE ONTVANG VAN INENTING KAN PLAASVIND NIE Wees eerlik en realities van alle inspuitings/Inentings kan daar newe effekte, siektes en selfs sterf gevalle voorkom Eerlikheid sal help dat verdere navorsing gedoen kan word en sodoende sal daar meer vertroue vir hierdie inenting wees

Spook ·

Dood aan Covid? Eienaardig, ons is almal ingeent teen polio ook. Maar, ek ken net mooi niemand wat ooit polio opgedoen het nie. Ek voel dat iemand vir ons ‘n fabel vertel t.o.v. die Covid inspuiting. Ek en my familie het die ding onderlede gehad, en dit was nie veel meer as 2 kopverkoues en 2 ligte griepe nie.

VaalDonkie ·

Daar is mense wat dink die virus is van so aard dat dit onderliggende probleme vererger. Bv. as jou longe swak is, sal jy erge longontsteking ontwikkel. Nou nie slim in die “nanotegnologie” sin nie, maar eerder net ‘n geval van die “spike proteins” wat oral deur jou liggaam beweeg en loop vassit waar daar ‘n probleem is en die probleem vererger. Maar ek weet nie.

Swerwer ·

Jul was baie gelukkig. Het al ‘n paar vriende en kennisse verloor wat aan Covid gesterf het en ‘n vriendin lê nou al meer as ‘n maand in ICU waar daar geveg word vir haar lewe weens bloedklonte wat aanhou vorm in haar longe. Dus hang dit van persoon tot persoon af hoe jou liggaam gaan reageer. Die vriendin het ook nie die inenting gehad nie.

VaalDonkie ·

Ja almal het ‘n storie oor hoe hulle honderde vriende en familie verloor het aan COVID oorlat hulle nie die doodskoot wou vat nie. Laasjaar hier in ons buurt is daar ‘n ou wat blykbaar twee familielede verloor het wat verpleegsters by Tygerberg was. Snaaks genoeg op daai stadium het die hele Weskaap net drie verpleegsters verloor, en hulle was almal swart dames. Terwyl hierdie ou spierwit was.

AH ·

Meeste van ons is welliswaar ingeënt teen Polio, Masels, Duitse Masels ens. Ek onthou nog dat ons inentingskaarte op datum gehou was deur ons ouers wat ook maar nie geweet het wat die inentings behels het nie. Hulle het ook maar ‘n “leap of faith” geneem om ons te beskerm teen al die siektes. Ek ken wel iemand wat Polio opgedoen het, maar dit was as ‘n baba, voordat daar inentings teen polio toegedien was. Ek het my man wat ‘n Diabeet was aan Covid verloor. Ekself was siek aan Covid, maar alhoewel ek baie siek was, het ek nie enige newe-effekte oorgehou nie. Ek glo dit kan toegeskryf word daaraan dat ek wel my eerste inenting ontvang het twee weke voordat ons positief getoets het, my man nie. Spook noem dat dit nie veel meer as kopverkoues en ligte griep was nie. Julle kan julself baie gelukkig ag want ek het letterlik ALLES verloor met my man se dood en daar is wel mense wat baie baie siek word. Ek sal dus soveel inentings as wat nodig is kry om my te beskerm teen Covid.

Barney ·

So sy oorleef ń hele “pandemie” vir 18 maande? Klap vir die wolke en dans allerande dansies. Kry ń inenting en sterf paar weke later van komplikasies? Snert. Die inenting is wat die probleem is.

Mulva ·

Barney Sys Dood. En jy lewe en jy gaan hoy kan nou met graagte ñ dans uitvoer. Ons sal hande klap vir jou!!!! So bly vir jou dat Iris se dood jou reg bewys. Kan ons asb nou kans kry om te rou oor so mooi siel en aangaan met ons lewens. Terloops, sy het die inenting al in April ontvang. Lees asb ookmy kommentaar verder af as jy nie te kortsigtig is nie!

annie ·

Pfizer en Moderna het nou aangekondig dat hul entstof slegs vir 6 maande effektiewe weerstand teen die huidige corona-variante bied. Sy is in Februarie ingeënt wat dalk beteken dat mense wat eerste die entstof ontvang het moontlik nie nou meer beskerming geniet nie.

Mulva ·

Die dame waaroor almal so kommentaar lewer was nie net ñ briljante toegewyde verpleegster nie, maar ñ ma, getroud, en my persoonlike vriendin. As sy ñ keuse kon maak sou sy oor en oor die inenting vat. As sy dan die “eksperiment” vir inenting was sou sy dit oor en oor gedoen het. Dis glad nie nou meer ter sprake nie want sy is dood en sal nooit weer lewendig raak nie al stry die mensdom tot in ewigheid oor die oorsaak van haar dood. Ek wil graag ñ beroep doen op mense hier om simpatie te hê en ophou bespiegel oor haar sterfte. As jy teen inentings is glo dan dat dit die oorsaak is van haar dood
As jy vir inenting is, glo dan dat daar ander oorsake is vir haar dood. As jy glo dat almal binnekort (of oor ñ jaar) van die inenting gaan sterf is dit jou reg om dit te glo. Los asb tog net vir mev Iris Adams uit sodat ons haar familie en vriende kan rou oor ñ borrelende sprankelende mens wat nooit weer die voorreg gaan hê om asem te haal nie.

VaalDonkie ·

Het jy haar spook opgeroep om daai aanhaling te kry, of praat jy poefies?

Swerwer ·

Innige simpatie aan Iris Adams se familie/vriende en kollegas. Elkeen het sy eie reg en opinie op die Covid 19 Inenting. Dit is maar net soos die inentings wat as baba/kleuter ontvang moet word. En ja, daar was ook gevalle waar babas en kleuters ten spyte van die inentings siek geword het en party gesterf het. Die hare kloof oor die inenting is myns insies ‘n mors van tyd. As jy dit nie neem nie, so what. Dit het absoluut niks met ander te doen nie. Iris het goed bedoel omdat sy geglo het dit sal die beste wees. My kind het “Covid Related Syndrome” na hy Covid gehad het en hy was nie ingeent nie.
Sy lewensstandaard is hartverskeurend en ons as familie moet daarmee samleef. Ek kan nie ander verkwalik en afbreek daarvoor nie. Hy word versorg na die beste van sy omstandighede.

Antonk ·

En nou wil die minderheid vir die meerderheid se om dit te vat en is 30% die waarheid.Dalk wil hulle so se net sodat almal moet gaan vir die inspuiting.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.