‘Kampvegter vir inenting’ glo dood weens Covid

’n Skermskoot van die video waarin Iris Adams (64) in Februarie vanjaar verskyn het.

Iris Adams (64), die eerste gesondheidswerker wat in Februarie vanjaar by die Karl Bremer-hospitaal in die Wes-Kaap teen Covid-19 ingeënt is, is op 14 September dood, glo weens komplikasies wat met dié virus verband hou.

Adams het op 24 Februarie vanjaar in ʼn video op die departement se Facebook-blad verskyn, kort nadat sy teen die koronavirus ingeënt is.

“Ek het pas die entstof ontvang. Ek voel goed. Ek wil almal aanmoedig om hul inenting te gaan kry,” het sy destyds in die video gesê.

Shimoney Regter, ʼn woordvoerder by die departement van gesondheid in dié provinsie, het Adams se dood aan Maroela Media bevestig en volgehou dat haar afsterwe geensins met die inenting verband hou nie.

Die presiese omstandighede van haar dood is egter nie bekendgemaak nie.

“Sy was ʼn gewaardeerde lid van die Karl Bremer-hospitaalspan en ʼn kampvegter vir ons inentingsprogram. Sr. Adams is nié weens die entstof oorlede nie,” het Regter aan Maroela Media gesê.

“Ons moedig lede van die gemeenskap aan om hul inentings te kry, aangesien dit die beste verdediging teen die virus is en ernstige siekte, hospitalisasie en dood weens Covid-19 verminder.”

Dr. Cloete Jansen van Vuuren, ʼn spesialis in die behandeling van oordraagbare siektes, sê dat daar selfs in studies enkele mense is wat ten spyte van ʼn inenting steeds aan Covid-19 dood is.

Hy sê dat faktore soos ouderdom en onderliggende siektetoestande kan veroorsaak dat mense nie goeie teenliggaampies teen die virus produseer wanneer hulle die inenting ontvang nie.

“Die kans bestaan steeds dat jy die virus kan opdoen, veral hoe meer tyd ná jou inenting verloop.

“Dit bly egter die moeite werd om ingeënt te word, aangesien die entstof meer as 80% beskerming teen ernstige siekte of selfs dood weens Covid-19 bied.”

Boonop, sê Jansen van Vuuren, dra mense wat die inenting ontvang ook tot die beskerming van die klein persentasie mense by wat nie sterk teenliggaampies teen die virus produseer nie.

“Daar is genoeg navorsing en bewyse dat mense wat die entstof ontvang het, ook minder aansteeklik is. Diegene wat ingeënt is, is ook vir ʼn korter tydperk aansteeklik. Dus, deur ingeënt te word beskerm jy nie net jouself nie, maar ook ander mense wat nie ʼn goeie reaksie op die entstof het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

50 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Darm baie moeite om iets te sê oor iets wat nie is nie…..?

Anel

Ja, reg en die maan is van kaas!!!

Esta

Daar was n genoegsame daling in nuwe positiewe gevalle oor die laaste maand…soveel so dat die inperkingsvlak afgebring is…. op daardie stadium slegs 30% van die bevolking ingeent . Dit wil vir my voorkom of MoederNatuur nie enige hulp nodig het om die balans te hou nie, Sy doen dit al deur die eeue heen. Ineenting IS NIE DIE OPLOSSING wat die regering wil voorgee dit is nie. Dit het gegaan van geen infeksie en masker as jy ingeent is na steeds infeksie en alle covid protokolle. Glo nie enige iemand het werklik antwoorde nie, maar moet IETS se om… Lees meer »

Misky

Van Vuuren sê dat daar “genoeg navorsing en bewyse” is oor die entstof. Kan sy dalk uitbrei en hoeveel is haar “genoeg” en hoeveel jare se navorsing is dit nou en die langtermyn gevolge vir: mans teenoor vrouens, jonk teenoor ouer mense, oorgewig teenoor slank, kankerlyers, diabetes en so kan ek aangaan. Wat is julle bewyse vir daai navorsing?

VaalDonkie

My innige meegevoel met haar familie. Hulle het ‘n leuen vertrou en die hoogste prys betaal. En dis nie hulle skuld nie. Die skuld is 100% die van die owerhede en werkgewers wat so gretig is om die goed in ons kele af te druk.