Kan Rassie nog ’n haas uit die hoed pluk?

Rassie Erasmus. Foto: Geoff Caddick/AFP.

Rassie Erasmus en SA Rugby (Saru) het ’n kort en kragtige verklaring gereed gehad nadat hulle deur Wêreldrugby skuldig bevind is: Ons gaan appelleer.

Dit kom nadat die internasionale rugbybeheerliggaam gister uiteindelik sy bevindings teen Suid-Afrika se direkteur van rugby bekend gemaak het.

Erasmus het vroeër ’n video van 62 minute uitgereik waarin hy videogrepe uitwys waar hy glo die Springbokke in die eerste toets in Kaapstad teen die Britse en Ierse Leeus te na gekom is. Hy het ook voorbeelde uitgelig waar daar nie genoegsame respek aan die Bokke, en veral nie aan die Bokkaptein, Siya Kolisi, betoon is nie.

Veral Australië se Nic Berry het onder sy bekwame videoredigeer-vingers deurgeloop en Rugby Australië het die “aanval” onder meer as “onaanvaarbaar” bestempel.

Erasmus is op ses aanklagte – onder meer dat hy ’n wedstrydbeampte gedreig het en nie sy gesag gerespekteer het nie – skuldig bevind.

Die 49-jarige oudspeler wat aan die stuur van afrigtersake was toe die Springbokke in 2019 die Webb Ellis-trofee omhoog gehou het, is met onmiddellike effek vir die volgende twee maande van alle rugbyaktiwiteite geskors. Hy mag tot 30 September 2022 nie aan enige aktiwiteite deelneem op dae van wedstryde nie en is gewaarsku oor sy gedrag vorentoe. Hy moet ook die betrokke wedstrydbeamptes om verskoning vra.

Die skorsing beteken dat hy glad nie by Saterdag se wedstryd tussen die Springbokke en Engeland op Twickenham betrokke mag wees nie; hy was juis verlede week weer terug op sy pos as waterdraer toe die Suid-Afrikaners teen Skotland op Murrayfield gespeel het.

Volgens Wêreldrugby se tugkomitee het Erasmus doelbewus die video gemaak om onder die publiek te versprei.

“Dit is duidelik dat hy verwag het dat die video wyd versprei sal word en dat dit moeilikheid vir hom kan veroorsaak. Indien hy die video slegs onder ’n paar mense se aandag wou bring, sou dit (sy gereelde verwysing na SuperSport, ensovoorts) nie ’n kwessie gewees het nie,” het Christopher Quinlan QC, tugkomiteevoorsitter, in sy verklaring geskryf.

Erasmus en Saru het aangedui dat hulle geen verdere kommentaar sal lewer totdat die verrigtinge afgehandel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Aai

Ja hy kan die bokke kort ‘n bus drywer.Rassie kry ‘n paar tips by die ANC hulle weet goed om nie omverskoning te vra sal help.Ons staan al die pad agter jou snaaks hoe dinge in die wereld verander het wat reg is is verkeerd en wat verkeerd is ,is reg?

Robert

Die video is uitgelek en is nie deur Rassie aan die publiek bekend gemaak nie.

Trotse Boervrou

Elke woord wat Rassie gesê het is waar! Dit moes lankal gesê gewees het. Helse respek vir Rassie wat die durf en moed gehad het om te doen wat niemand wou nie. Ons word al vir jare gekarnuffel deur sekere skeidsregters en blatant en openlik verneuk. Kyk net hoe goed was die skeidsregters met die wedstryde na die video. Nie ‘n voet verkeerd gesit nie. Wys net hul kan indien hul wil. Staan sterk Rassie. Ek glo die meeste mense staan bankvas agter jou. Moenie dat hul hiermee wegkom nie. Ons soek jou op die veld!

Chris dupreez

Sterkte .

Hardekwas

Die waarheid is nou die leun, en die leun word voorgehou as die waarheid.