Kanadese moordverdagte in SA gevang

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Kanadese burger, wat teregstaan op aanklag van moord in sy land, is Woensdag deur Interpol in Benoni aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Volgens brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het die 28-jarige man sy borgtogvoorwaardes oortree en in 2013 uit Kanada na Suid-Afrika gevlug waar hy by familielede gebly het.

“Interpol se uitleweringstaakspan het na die verdagte begin soek nadat ʼn versoek in Maart vanjaar van die Kanadese owerheid vir sy uitlewering ontvang is,” het Naidoo gesê.

Die man sal na verwagting Donderdag in die Benoni-landdroshof verskyn waar daar ʼn aansoek vir sy uitlewering ingedien gaan word.

Die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak mag word voordat hy in die hof verskyn het nie, is die derde persoon wat dié taakspan die afgelope tyd vasgetrek het.

Verlede maand is ʼn Israeliese en ʼn Britse burger in Gauteng in hegtenis geneem ná wetstoepassingsagentskappe van hul onderskeie lande Suid-Afrika om hulp versoek het. Albei verdagtes se uitleweringsake dien tans voor die Randburg-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

Ander lande se kriminele kom ook nou al na gangsters paradise toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.