Video: Kangogrotte gesluit ná aardskudding

Foto: www.cango-caves.co,za

Foto: www.cango-caves.co,za

Die Kangogrotte naby Oudtshoorn in die Wes-Kaap is as voorsorgmaatreël gesluit ná ʼn aardskudding Dinsdagoggend.

Gerard Otto, hoof van Eden-distriksmunisipaliteit, het gesê die skudding van 3,4 het omstreeks 8:20 op die Kango-verskuiwingsvlak, noord van Oudtshoorn, op ʼn diepte van sowat 6 km voorgekom. “Ons het die Kangogrotte vir die dag gesluit en sal die situasie monitor om te kyk wanneer die grotte weer heropen kan word.”

Volgens Otto is geen skade of lewensverlies tot dusver aangemeld nie. “Die skudding is ook in George en Knysna gevoel. Dit wys vir ons seismiese aktiwiteite is in die omgewing aan die toeneem. Ons het drie jaar terug ook ʼn skudding van 3,2 gehad op dieselfde foutlyn. Daar is toe ook geen skade aangemeld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jan Aucamp ·

Engels: Fault line waar “fault’n “verskuiwing” is.
Dit is nie ‘n “fout”in die aardkors nie. Dit is ‘n “verskuiwing”. Verdeksels! Hierdie is ‘n klakkelose vertaling sonder enige denke. Verbeel jou, ‘n fout in die aardkors!
Dit is ‘n “verskuiwingsone”. Asseblief!

Landi Slatter ·

Dagsê Jan,

Dankie vir jou terugvoer. Dankie dat jy ons op die woordkeuse gewys het, ons het die berig gewysig. Dit lees nou ‘Kango-verskuiwingsvlak’.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Johanna Botha ·

Kuier in Wildernis en die vensters het gebewe en ook gehoor

C ·

Genade, ek hoop nie daar is enige skade in die grotte nie. Dit is so fantasies om in die grotte rond te loop. Party van die plekkies is so mooi daar binne.

Theresa ·

Sal met so ‘n gerammel in die aarde terwyl ek Duiwelskoorsteen uitworstel met my molligheid, soos ‘n koeël daar uitskiet!

Deon ·

Jan, moet net nie n aar bars nie. Niemand het kennis van ales wat in die wêreld aangaan nie so ook nie die verlaggewer wat sy bes probeer het met die berig nie.

John ·

Jan oppas, as jy ook so geskrik het sou jy dalk ‘n heel ander woord laat uitglip het om die gebeure in te kleur; een wat nog nie in die geologie-terminologie aanvaarde gebruik is nie…

Slak ·

Jan – Die woord “foutlyn” word steeds op akademiese vlak aanvaar. Let ook daarop dat daar verskeie maniere is op iemand op ‘n fout te wys en om op ‘n ongeskikte beterweterige wyse aan te val is dalk nie altyd die beste keuse nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.