Kanker eis nóg ʼn Afrikaanse musieklegende

Jammies Jamneck. Foto: Facebook

Jammies Jamneck. Foto: Facebook

Skaars ʼn week nadat Fredi Nest ter ruste gelê is ná ʼn kort stryd teen kanker, het kanker nog ʼn Pretoriase musieklegende se lewe geëis.

Die komediant, akteur, aanbieder en sanger, Jammies Jamneck (66), ʼn inwoner van Silverton in die ooste van Pretoria, is Maandag omstreek 01:00 in die Steve Biko-hospitaal oorlede weens pankreaskanker.

Christa Lombard, ʼn jarelange familievriend, het Maandag aan Maroela Media gesê Jamneck is in Mei met kolonkanker gediagnoseer.

“Jammies het in April erge maagpyn begin kry wat nie wou weggaan nie en dit het net erger geword,” het Lombard gesê. “Die kanker is ná ʼn gastroskopie opgetel.”

Jamneck is op 2 Julie in die hospitaal opgeneem en is op 6 Julie geopereer. “Tydens die operasie het sy dokters gesien daar is groter moeilikheid. Meer toetse het bepaal dit is pankreaskanker wat versprei het.”

Hy is sedert hy in die hospitaal opgeneem is nie weer ontslaan nie.

Jamneck het vinnig in die vermaaklikheidswêreld gewild geraak vir sy uitmuntende klavier- en kitaarspel en het onder meer in die orkeste van Groep Twee, Touch of Class, Anneli van Rooyen en Rina Hugo gespeel. Hy het mense laat skater met sy pittige sêgoed en grappe en kon ook verskeie geluide naboots. Hy was ʼn gereelde gas op die immergewilde televisie program, Spies en Plessis, waar hy met al sy talente gespog het.

Jamneck laat sy vrou, Gerrie, en twee seuns, Conrad en Franco, asook ʼn kleinseun agter.

Inligting oor sy gedenkdiens sal later bekend gemaak word.

* Lees Maroela Media se huldeblyk aan Jammies Jamneck hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bosbok ·

Baie harsteer. Ek self is n ma van 2 peuters. Ek reken egter dat wanneer mens swanger is, mens nie kanse moet vat met jou gesondheid nie. Die oomblik dat iets nie reg is nie, moet mens omiddelik mediese hulp verkry. Dit kon ook n verskil gemaak het.

Meriza ·

Wat ‘n groot kunstenaar het ons nou verloor. Baie sterkte vir almal wat na aan Jammies was. Wat ‘n voorreg om sy talent te kon ervaar.

Anne-Marie Roode ·

Ons innige meegevoel aan familie! Baie sterkte Jesus sal julle deur hierdie hartseer tyd help!! Xx

Prime ·

Jammer vir die verlies, komende sondag is dit 2 jaar sedert my vrou oorlede is aan kanker. Snaaks dit is altyd of meeste van die kere. Net 3 maande na mens verneem. Het

Jan joubert ·

Ons innige simpatie met die afsterwe van Jammies.Mag ons Hemelse Vader jul vertroos en dra deur hierdie tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.