Kankerbehandeling veroorsaak Tutu se infeksie

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Aartsbiskop Desmond Tutu (83) sal nog ʼn paar dae in die hospitaal bly nadat hy Sondag ʼn klein ondersoekende prosedure ondergaan het.

Pastoor Canon Tutu, Tutu se dogter, het Maandag in ʼn verklaring gesê die prosedure is gedoen om die stand van die infeksie te bepaal waarmee haar pa al die afgelope paar weke sukkel. Tutu se mediese span is ook tevrede met die vordering van die antibiotiese behandeling.

“Hy sal nog ʼn paar dae in die hospitaal bly vir behandeling en waarneming. Alhoewel die kanker onder beheer is, is die infeksie ʼn gevolg van die kankerbehandeling wat die aartsbiskop in die verlede ontvang het,” het sy gesê.

Pastoor Canon het mense oor die hele wêreld bedank vir hul gebede en ondersteuning. “Die familie is geraak deur die barmhartigheid van die regerende party, opposisiepartye en pres. [Jacob] Zuma wat die landsburgers gevra het om vir my pa te bid.”

Tutu is aanvanklik op 14 Julie in ’n Kaapstadse hospitaal opgeneem vir die behandeling van ’n infeksie. Die familie het destyds gesê die infeksie is nie verwant aan die prostaatkanker wat hy oor die afgelope 18 jaar handhaaf nie.

Tutu is op 21 Julie uit die hospitaal ontslaan, maar ʼn week later weer opgeneem toe hy ongemak ervaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.