Kankerlyer sterf ná sy ure lank op ambulans wag

John en Vanessa Lotter se dogter het voor haar dood sewe uur lank op ’n ambulans gewag. (Foto: GroundUP)

Deur Johnnie Isaac, GroundUp

ʼn Terminaal siek kankerpasiënt van Oos-Londen in die Oos-Kaap is dood nadat sy sewe uur lank op ’n ambulans gewag het om haar na ’n hospitaal te vervoer.

John en Vanessa Lotter eis nou verantwoording van die departement van gesondheid vir hul dogter se dood.

Charmaine Hensberg is verlede Woensdag kort voor haar 35ste verjaardag dood nadat sy begin sukkel het om asem te haal en haar ouers meer as tien oproepe na die provinsiale nooddienste gemaak het.

Die ouerpaar sê hulle het na 09:00 hul eerste oproep na die nooddienste gemaak. Hul dogter is net voor 16:00 dood.

Hensberg se gesondheid het in 2014 begin agteruitgaan nadat breinkanker by haar gediagnoseer is. Dit het daartoe gelei dat sy later aan die linkerkant van haar liggaam verlam was. Sy was ten tyde van haar dood bedlêend.

Die Lotters kon haar dus nie self na die hospitaal vervoer nie en kan ook nie die uitroep van ’n private ambulansdiens bekostig nie

“Daar was niks anders wat ons kon doen, behalwe om op die ambulans te wag nie, want sy het ʼn draagbaar nodig gehad om haar van die bed na die ambulans te neem,” sê Vanessa.

Vanessa het verlede jaar opgehou werk om voltyds na haar siek dogter om te sien. “Terwyl die land die hoogtepunt van Covid-19 moes hanteer, moes ons Charmaine se verslegtende toestand hanteer.”

Namate haar kanker gevorder het, het Hensberg haar sig verloor en kon sy ten tyde van haar dood nie meer self eet of bad nie. Haar doeke moes ook vir haar geruil word.

John sê dat hulle hul daarop voorberei het dat hul dogter sou sterf, maar dat hulle sou wou hê dat haar laaste oomblikke rustig moes wees.

“Ons het soveel oproepe na die nooddienste gemaak. My vrou het selfs geskree dat ons dringend hulp nodig het, dat iemand sterf, terwyl ek met die personeel van die inbelsentrum op die foon was.”

John sê voorts hulle het ʼn verwysingsnommer gekry na die eerste oproep. Geen ambulans het egter opgedaag ondanks die feit dat hulle tydens latere oproepe die nommer aan die inbelsentrums voorgelees het nie.

“Dit gaan nie net daaroor om lewens te red nie. Miskien sou my dogter nie gered kon word nie, maar dit sou ons vertroosting gegee het sou sy in die hande van gesondheidswerkers gesterf het.”

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid het by navraag sy meegevoel met die Lotters betuig en onderneem om die voorval te ondersoek. Dié einste departement het verlede jaar onder skoot gekom oor die vermorsing van miljoene rande om sogenaamde motorfietsambulanse aan te koop.

Volgens Rolene Wagner, hoof van die departement van gesondheid in die provinsie, is die provinsiale ambulansdiens tans onder geweldige druk weens toenemende Covid-19-gevalle sowel as algemene trauma- en beseringsgevalle.

“Die protokol is dat alle oproepe geprioritiseer word volgens ʼn kriterium wat geskoei is op die erns van die saak. Indien ʼn ambulans nie beskikbaar is op die tydstip van die versoek nie, word die inbeller ingelig oor die wagtyd en basiese noodhulpvoorligting word gegee.”

Jane Cowley, die DA se skadu-LUR vir gesondheid, meen die Oos-Kaap sukkel met ʼn onvoldoende ambulansvloot te midde van ’n groeiende bevolking.

Minstens 650 ambulanse word volgens Cowley benodig. Die provinsie het in dié stadium maar 440, waarvan 300 in ’n werkende toestand is.

Die Lotters oorweeg nou regsaksie teen die staat weens sy beweerde nalatigheid.

Die berig het oorspronklik op GroundUp verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jack ·

Hartseer vir die mense.Hulle dogter het beter verdien as dit.Maar so gaan dit.Rus in vrede.

Kobus ·

Toetie as jy die berig lees kon jy sien dat sy bedleend was en hulle haar nie kon vat nie.Hulle kon haar nie op tel om te vat nie.Sterkte aan die familie

Ek kan ·

Ek was ‘n paar jaar gelede in die situasie… het ‘n ambulans gebel om my man te kom haal, Ek was alleen tuis, my man was bedlêend. Toe hulle nie binne 15min opdaag nie, het ek besef ek moet self plan maak. Ek het hom met moeite op ‘n kombers op die vloer gekry en hom gesleep tot by die motor. Teen daardie tyd het hy glad nie meer reageer nie, en was dit glad nie maklik om hom in die motor te kry nie – dit alleen het my ‘n uur geneem. Maar ek het dit gedoen!

Buck ·

Weet nie of koste van privaat amblanse my eerste gedagte sal wees as my kind iets oorkom nie

VaalDonkie ·

Ek onthou die eerste ding wat ek moes doen toe my vrou op 23 weke in kraam gegaan het, was om R12000 deposito vir die hospitaal te gee voordat hulle haar kon opneem. So mens weet nie rerig wat die ambulans dienste ool nog wil he nie. Dalk moet jy ook eers ‘n kwotasie teken en deposito betaal?

Maar ja.

Casper ·

Dit is bitter hartseer maar sou die hospitalisasie enige verskil kon maak,ek glo nie gegewe die toestand waarin sy haar bevind het.Ek neem aan sy is by die huis oorlede by haar familie.Is dit nie beter so as om in ‘n hospitaal te sterf nie.Nalatigheid gaan moeilik bewys word moontlik pligsversuim.Sterkte aan die familie.

Thom ·

Sy sou sterf ongeag , waarom haar nie net daar rustig gehou nie ?

VaalDonkie ·

Dis ‘n goeie vraag, maar mens moet ook darem simpatie he met mense wie se dogter besig is om te sterf. Letterlik op die oomblik besig is om te sterf. Dis moeilik om Wiskunde te doen as jou een been aan die brand is.

Dana ·

Ek kan aan geen beter plek as tuis dink om in hierdie situasie te sterf nie. ….. beslis veel beter as in n staatshospitaal.

Die realiteit van die situasie moet ook in ag geneem word. Die pasiënt is terminaal siek, benodig palliatiewe sorg en nie toelating tot ñ oorvol swaktoegeruste staatshospitaal nie.
Daar is slegs beperkte hulpbronne beskikbaar, dit is jammer maar verstaanbaar dat waar daar nie enige kans op oorlewing is nie ñ pasient moontlik lank sal wag om gehelp te word.

Baie sterkte aan haar geliefdes. Al was daar geen hoop op beterskap nie, bly dit moeilik.

Willem ·

Ambulans personeel was tien teen een besig om shopping te doen soos die polisie!!!Kry groot salarisse dis hoekom personeel ook meestal erg oorgewig is want hulle eet heeldag!!!!!Dis n skreiende skande!!!!@@!!!!!!!!!

VaalDonkie ·

Die ambulanse betaal nie baie nie. Jy kry seker die helfte soveel soos ‘n verpleegster.

Androclus ·

Ek stem saam met jou,hulle is so vet ek weet nie of hulle iemand wat op die grond is kan help nie,ek twyfel.

Tiptol ·

Dagvaar die staat. In ons samelewing begin die slagoffers die skuld kry dat hul iets verkeerd gedoen het. Dis só verkeerd.

Alex ·

So gaan alles agteruit. Selfs die ANC het nie geld om mense te betaal nie, maar mense moet doodgaan. Waneer gaan die groot volk wat elke keer hiervoor stem wakker word en die koffie ruik?

Delia ·

My man is laasjaar by die huis ook oorlede aan breinkanker.
Ek sou hom nooit in n hospitaal laat opneem waar ek nie by hom kon wees nie.
Wat hierdie ouers wou hê was heel moontlik net om hulle dogter rustiger te kon maak soos om suurstof te kon toedien, al weet hulle sy is besig om te sterf.
Ek was in n gelukkige posisie om suurstof by my hospitaal te kon kry soda my man in rustigheid in sy eie bed kon sterf.
Moenie oordeel as jy nog nie in n ander se skoene geloop het nie. Dit was hulle kind.

Misky ·

Sterkte aan die familie, dis vreeslik hartseer. Ons betaal soveel belasting en gelde vir allerhande nonsens, dat mens die basiese dienste verwag. En dan is daar ‘mense’ wat ambulanse en personeel aanval as hulle na townships gaan. Die staat versaak ons daagliks

Carel Aaron ·

Dis hartseer en my meegevoel vir julle.

Ongelukkig kan hulle 800 ambulanse ook hë, maar die swak topbestuur is die probleem.

Miskien is die motorfiets ambulans toe nie so n slegte idee nie. Net die opgeblase prys was.

Hennie ·

Baie hartseer, maar nou is al die pyn en lyding verby. Vir die ouers, dit is nie wat julle wou gehad het nie, dit is helemal te verstane. Julle het jul bes gedoen, dié wedloop is nou voltrek. Dis tyd om te rou, treur, haar lewe te vier, en o julself ‘n klop op die skouer te gee! Julle was meer as net ouers!

Om die staat te dagvaar gaan net die pyn en ellende verleng. Regshulp kos duurder as ‘n privaat ambulans.

Swerwer ·

Sterkte aan die familie. Dit gebeur wanneer ambulanse vir alles behalwe nood waarvoor hul aangekoop is gebruik word. Dooie donderdag…………….Zimbabwe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.