‘Kannibaal-moord’: Verdagte pleit selfverdediging

court-hammer_thumb‘n Man wat glo ‘n ander man vermoor en sy hart geëet het, beweer hy het uit selfverdediging opgetree, het die Athlone-landdroshof in Kaapstad Woensdag gehoor.

Andrew Chimboza (35), ‘n Zimbabwiër wat ‘n venstertint-onderneming bedryf, sê hy het die aand van die voorval ‘n vroulike kliënt in Gugulethu besoek. Hy sê die kliënt se “veglustige” kêrel, Mbuyiselo Manona (62), het hom by die deur ontvang.

Chimboza beweer hy het nie vir Manona geken nie. Hy ontken ook dat hy meer as ‘n vriendskap met die vroulike kliënt gehad het. Hy sê sy het hom in 2009 gehelp toe hy van Zimbabwe na Kaapstad verhuis het.

Chimboza word daarvan aangekla dat hy Monana vermoor het. Die polisie het glo gesê hulle het op Chimboza afgekom waar hy besig was om Monana se hart met ‘n mes en vurk te eet.

Chimboza ontken dit en sê Monana het hom aangeval en dat hy dit probeer afweer het. Die vroulike kliënt was glo nie in die stadium tuis nie aangesien sy glo drank gaan koop het.

Volgens Chimboza was hy in die badkamer en het Monana op hom geskree toe hy uitgekom het. Monana het hom glo geslaan waarna hy op die vloer geval het. Monana het glo ‘n mes gegryp waarna Chimboza hom in die lies geskop het.

Chimboza en Monana het glo in ‘n stoeiery betrokke geraak. Chimboza het Monana toe glo met ‘n vurk gesteek. Chimboza beweer hy het hierna sy bewussyn verloor.
“Ek het nie die hart geëet nie. Dit was die bloed wat op my gesig was en hulle het die vurke op die teëls langs die oorledene gesien en aangeneem ek was besig om die hart te eet,” het Chimboza gesê.

Chimboza het aangevoer dat hy op borg vrygelaat moet word aangesien hy nog nooit iemand doodgemaak het nie, ‘n gewilde sakeman is en dat hy moet omsien na sy siek lewensmaat wat in die hospitaal is.

Staatsaanklaer Quawnita Geyer het aangevoer dat die aanklag as ‘n skedule ses oortreding geklassifiseer moet word aangesien sy glo dat dit moord met voorbedagte rade was aangesien Manona se hart verwyder is en dit dinkwerk en beplanning verg.

Chimboza se borgaansoek duur voort.

Lees ook:
Man vas ná hy glo moor; slagoffer se hart eet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

joob jobson ·

Die voorval verwys na hart honger en vroulus, drank moet altyd in die prentjie wees,en liefde in die middel.Ou Zimmie(35) het hom reggestel vir n roekelose,rowwe tyd met die vrou,en moes van die 62 ou toppie ontslae raak maar om die oorledene se hart te eet is verregaande.Wat het Zimmie(35) en die vrou daarna gemaak, seker maar PLESIER! PLESIER! PLESIER. PLEASE, NO BAIL and LET HIM ROT IN JAIL.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.