‘Kannibale’ kry albei lewenslank

Waarskuwing: Hierdie berig bevat grafiese besonderhede wat lesers kan ontstel.

Twee moetiemoordenaars het Woensdag elkeen lewenslange tronkstraf gekry vir die moord in Julie 2017 op ʼn 24-jarige slagoffer.

Adv. Moipone Noko, direkteur van openbare vervolging in KwaZulu-Natal, het amptenare van die nasionale vervolgingsgesag gelukgewens met die vonnisoplegging van Nino Mbatha en Lungisani Magubane (albei 32) vir die moord op Zanele Hlatshwayo.

“Ek hoop sulke vonnisse sal mense met soortgelyke voornemens afskrik,” het Noko gesê. “Sulke sake kom neer op moord en ons vervolg dit sonder vrees of vooroordeel.”

Die media het die eerste keer middel Augustus 2017 oor die saak berig wat gou as die “kannibaalsaak” bekend begin staan het nadat Mbatha na die Estcourt-polisiekantoor gegaan en gekla het hy word gedwing om mensvleis te eet.

Magubane het Mbatha, ʼn tradisionele geneser, vroeër om moetie genader wat hom goeie geluk sou besorg. Mbatha het hom vertel die voorvaders vereis dat bloed vir dié soort moetie gestort word en gevra dat hy ʼn vrou of ʼn kind na hom toe bring.

In Julie 2017 het Magubane vir Hlatshwayo, wat op Estcourt was, na die township Esigodlweni gebring waar Mbatha haar keel afgesny en haar onthoof het.

Die twee mans het haar interne organe, hande, voete en ander sagte weefsels verwyder. Haar oorblywende liggaamsdele het hulle met ʼn paar klippe weggesteek.

Toe Mbatha oorspronklik na die polisiestasie is, wou hulle hom nie glo nie tot hy ʼn hand en ʼn voet van die slagoffer te voorskyn gebring het.

Dit het polisiebeamptes oorreed om sy woonplek te deursoek, waar hulle afgekom het op bene en liggaamsdele, wat toe al begin ontbind het. Die oorledene se identiteit is deur ʼn DNS-ontleding vasgestel.

Mbatha se eksmeisie het getuig dat hy haar ʼn hand gewys het. Sy broer het dit bevestig.

Hlatshwayo se ma het aan die hof gesê die slagoffer se naasbestaandes is nog in skok oor haar moord. Sy sê hulle verkeer in emosionele pyn en sukkel om hul verlies te verwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AW ·

“Sometimes the things in our heads are far worse,
Than anything they could put in books or on film.
– C.K Webb

“Is evil something you are?
Or is it something you do ?
– Brett Easton Ellis, American Psycho

“Son, the greatest trick
the Devil pulled
was convincing the world
there was only one of him.”
– David Wong, John dies at the end.

Asseflippenblief ·

Ek kan nie glo dat iemand in 2018 nogsteeds vir hierdie tipe onsin val nie.

Gys ·

Hulle sit nou in die tronk en die belasting betaler moet nou na hulle omsien teen aansienlike kostes.

Abe ·

Gys,
Wat is die punt wat jy probeer maak? Wil jy he sulke misdadigers moet vrygelaat word sodat die belastingbetaler nie vir hulle aanhouding hoef te betaal nie?

m.d.r. ·

En dan hoop die Direkteur van openbare vervolging dan die vonnis as ‘n “Afrskrikmiddel” sou dien vir mense met “soortgelyke “voornemens……
Bedoel hy nou Moeti-moord, of enige moord….?
In ieder geval is hy bra optimisties…….”lewenslank” is hoeka al nie meer lewenslank nie—dis hoogstens so twaalf jaar….
Die AANHOUDENDE plaasmoorde is seker genoeg bewys, dat lewenslank NIEMAND afskrik nie…!

Kotie ·

Hierdie land moet skoon gemaak word van bose toordery, julle weet dit is ‘n gruwel in ons Hemelse Vader se oë. Hoe kon julle dit toelaat. Was geld en sport regtig so belangrik?

SIES ·

sit hulle op streng vegetariese dieet hehehe ☺ sal hul leer….

Geregtigheid ·

Lewenslank is net n woord. In die realiteit werk dit nie so nie. En die skurke weet dit Wanneer daar gese word geen parool nie is dit ander prentjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.