Kans op beurtkrag dié week skraal, maar nie uitgesluit

(Foto: pixabay)

Suid-Afrikaners kan verwag om die res van die week krag te hê, maar moet liefs nie die kerse té diep bêre nie.

Eskom het Woensdagoggend in ʼn verklaring gesê die waarskynlikheid vir beurtkrag die res van die week is laag, maar dat die stelsel steeds onder druk is.

“Die elektrisiteitstelsel is steeds kwesbaar en enige onverwagse verandering in die stelsel kan beurtkrag op kort kennisgewing tot gevolg hê,” lui die verklaring.

Tog meen Eskom hulle het positiewe vordering met die herstel van die kragstelsel gemaak. “Herstelwerk aan die vervoerband by Medupi is voltooi en 700 MW krag is reeds by die kragnetwerk gevoeg. Verskeie opwekkingseenhede is boonop terug van beplande en onbeplande instandhoudingswerk. Dit sluit in twee eenhede van die Hendrina-kragsentrale, waar die krag Maandag onderbreek is weens ʼn fout met die geleiding van elektrisiteit.

“Eskom hou ook aan om sy water- en dieselvoorraad aan te vul vir die gebruik van onderskeidelik die pompbergingskema en die gasturbines, wat Eskom in staat stel om beurtkrag te vermy of die voorkoms daarvan te minimaliseer,” lui die verklaring.

Eskom het weereens ʼn beroep op inwoners en besighede gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik. “Sit asseblief julle geisers en enige ander elektriese toestelle af indien die gebruik daarvan nie noodsaaklik is nie, om te help om die vraag na elektrisiteit te beperk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

Die kans op groot bonusse vir Eskom se martelaars is beslis groter as beurtkrag, dis waar.

Gert van Wierdapark ·

Bonusse danksy beurtkrag en NOG ‘n R59 Miljard MEE-vallertjie! Eish-vlokkies, sonder Ys!

Jaco ·

Uuuhh ja, regering het 59 mijard toegeken gister so Eskom se pkan het gewerk, stel beurt krag in n week voor die besluit om vrees in te boesem. Nou slyp hulle tande wsnt hulle bonusse het sopas verdubbel. Beurtkrag sal nou in volle swang eers wees as hulle nog geld soek

Gert van Wierdapark ·

M/Media vind asb vir ons uit hoeveel van die geldjies van R59 000 000 000 (59 Duisend Miljoen Rand) gaan vir bonussies aangewend word!!

Essie ·

Wel ons in Boksburg Suid se krag is al van 09h00 af
Wat nou!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.