Kans vir algehele verdonkering glo laer as 10 jaar gelede

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Vrydag gesê die kans vir ʼn algehele verdonkering is laer as 10 jaar gelede.

Robbie van Heerden, Eskom se algemene bestuurder van die nasionale elektrisiteitstelsel, het tydens ʼn seminaar van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Elektriese Ingenieurs (SAIEE) gesê die transmissienetwerk is verstewig en daar is ʼn groter bewustheid en gebeurlikheidsplanne in plek gestel om ʼn algehele verdonkering te verhoed.

In teenstelling met beurtkrag, wat ʼn gekontroleerde metode is om elektrisiteittoevoer te roteer om ʼn algehele verdonkering te voorkom, sal ʼn algehele verdonkering katastrofies wees, het Van Heerden bygevoeg.

In die geval van ʼn algehele verdonkering moet die nasionale kragnetwerk van voor af aangeskakel word en dit kan tot twee weke duur voor die elektrisiteittoevoer in sekere dele herstel is.
Klik hier om meer te lees.

Intussen het Eskom aangekondig dat hy Saterdag tussen 07:00 en 22:00 fase 1-beurtkrag sal toepas.

Bron: Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Bruno Stef ·

10jaar terug het Derik Hanekom op televisie gal afgegaan oor die sabotasie van n generator by Koeberg kragsentrale nadat n bout en n moer met foutsporing daarin gevind is.Dood het in alle gevalle altyd n oorsaak en party verskonings is maar n bietjie dik vir n daalder maar kan vir die nie Elektriese minded publiek oor en oor gebruik word.

Dave ·

Die newe-effekte van die DA & ANC se ‘regstellende aksie’ beleid neem erge afmetings aan.

Anton Smit ·

Dave jou politieke kennis van die DA is baie swak want hulle steun nie regstellende aksie nie.

Dave ·

Anton, jy is nie ‘n antwoord waardig nie. Jy maak ‘n gek van jouself.

Jaco ·

Anton, jou onkunde is betreurenswaardig om die minste te sê.

Gerhard ·

Natuurlik steun die DA regstellende aksie. Voortsetting daarvan is fundamenteel deel van hulle beleid. Die ander groot rede waarom ek nog nooit daardie party kon ondersteun nie is sy identiteitskrisis. Mev. Zille se danspassies het dit bo twyfel geillustreer

Gerhard ·

Ek wonder hoeveel DA stemmers is daar nóg wat ook nie die party se beleid verstaan nie.

Gerhard ·

Regstellende aksie en die voortsetting daarvan is fundamenteel deel van die DA beleid. Dít en die identiteitskrisis geopenbaar deur Mev. Zille se verspotte en gedwonge danspassies is twee van die redes waarom ek my nog nooit sover kon kry om díe party te ondersteun nie. Bid jou aan.

Dave ·

Vir my Gerhard, is die tweede rede hul grondverdelingsbeleid. Die feit dat hulle selfs nà Zim steeds nie verstaan waarmee hulle besig is. En dan natuurlik soos jy dit noem, die indentiteitskrisis wat Zille openbaar. Daarmee saam is vele meer redes waarvan hul minagting/miskenning van Afrikaans een is.

Dave ·

Na aanleiding van jou stelling oor hoeveel DA-kiesers daar nòg is wat nie die beleid verstaan nie, wees verseker dit is die groter gedeelte. Dit is ‘n jammerlike feit dat die oorgrootte persentasie kiesers weet nie waarvoor hulle stem en probeer nie eens om dit te verstaan nie maar stem soos wat die buurman of medewerkers sê hulle moet stem.

chris ·

Dankie julle, Jaco spesifiek.
Daar is so baie mense in die DA wat geen benul het van hulle beleid wat eintlik rassisties is nie.
Meeste van die mense het net by DA “propapagandiste” gehoor en dit geglo.Ons moet egter al die leuns uitwys sodat mense daarbuite hulle eie besluite kan maak.Verder is dit ook belangrik om die mense nie te verkleineer nie ,baie weet nie beter nie en sal met ware inligting hulle foute agterkom.Die toe-oog DA aanbidders is egter ‘n ander saak .Die mense sal geen vrae antwoord nie en net so dag of twee later weer opduik met belaglike ondeurdagte stellings wat ‘n leun is. Soos malaria wat terugkeer moet ons die mense uitwys vir wat hulle is ,’n dodelike sluipende siekte.

Julle sal ook sien dat die grashalmpie altyd daar sal wees.Uit die gesprek van zilletjie sal hulle ook se net daar waar dit moontlik is(ook ‘n leun)dws as twee kanidate gelyk is sal die swartman die werk kry.Net deur dit toe te pas sal tenminste 70% mense hul werk verloor in die staatsdiens alleen.Glo hulle dit werklik?Die beleid van die DA sal nou ook baie meer na lings beweeg.Kom ons lees hulle nuwe beleid .
Gerhard.
Oor jou vraag is my aanname ver meer as 50% waar dit by Afrikaners kom.

Dave ·

Anton Smit, jy het skielik vreeslik stil geword. Jy kan tenminste dankie sê aan Jaco omdat hy hom oor jou ontferm en van meer verleenthede red.

pop ·

Mense stem vir die DA want dis n ordentlike opposisie vir die ANC. Mense met n greintjie verstand sal nie anders kan stem nie. Die Afrikaanse mense het n ding om ander wat nie hulle sienswyse het af te kraak. Dit sit ander af. Ons is geregtig om elkeen n eie besluit te maak. Deur die DA mense sleg te maak Wys vir ons dat ons reg stem.

chris ·

Pop.
Ek gaan jou eerder so antwoord/
1.)Greintjie verstand(sien ook laaste parragraaf)
a.)Ek neem aan jy is dieselfde persoon wat laas week die stelling gemaak het dat miljoene swartmense nou g vol is vir die ANC.Ek vra weer hoeveel van hulle ondersteun nou die DA?Gebruik nou daai greintjie verstand waarvan jy praat en gee die %.Dit hoef nie presies te wees nie net naas ten by,onthou egter baie van ons kan somme maak.
2.)Afrikaanse mense ,sienswyses en besluitneming.
Ek wil nie julle sienswyse afkraak nie maar sal nie toelaat dat julle(da)leuns aanhou versprei nie.As jy die Da se beleid verstaan (ANC lite)en jy stem nog vir hulle het ek geen probleem daarmee nie.Net soos met die ANC,EFF,Vryheidsfront,alle politieke partye .Moet net nie kom lieg hier en dink julle kan daarmee weg kom nie.
Jy is reg almal moet hulle eie besluit maak maar nie uit ‘n warboel leuns wat deur julle verspry word nie. Soos bv jou stelling van miljoene,groot verskulle tussen die ANC en DA beleide,opisisie vir ANC ens?
3.) DA sleg te maak wys ons dat ons reg stem.
Verder ook wil jy nou regtig vir my se as iemand( jy inkluis) die ANC slegmaak hulle daardeur moet besef dat hulle reg stem.

Verstaan jy werklik nie die belaglikheid van bg stellings van jou nie?Gaan lees jou skrywe weer en dink bietjie mooi daaroor.Ag nee ,regtig man,belaglik.

chris ·

Pop.
Ek neem aan jy is dieselfde persoon wat laas week die stelling gemaak het dat miljoene swartmense nou g vol is vir die ANC.Ek vra weer hoeveel van hulle ondersteun nou die DA?Gebruik nou daai greintjie verstand waarvan jy praat en gee die %.Dit hoef nie presies te wees nie net naas ten by,onthou egter baie van ons kan somme maak.
Ek wil nie julle sienswyse afkraak nie maar sal nie toelaat dat julle(da)leuns aanhou versprei nie.As jy die Da se beleid verstaan (ANC lite)en jy stem nog vir hulle het ek geen probleem daarmee nie.Net soos met die ANC,EFF,Vryheidsfront,alle politieke partye .Moet net nie kom lieg hier en dink julle kan daarmee weg kom nie.
Jy is reg almal moet hulle eie besluit maak maar nie uit ‘n warboel leuns wat deur julle verspry word nie. Soos bv jou stelling van miljoene,groot verskulle tussen die ANC en DA beleide,opisisie vir ANC ens?Verder ook wil jy nou regtig vir my se as iemand( jy inkluis) die ANC slegmaak hulle daardeur moet besef dat hulle reg stem.

Verstaan jy werklik nie die belaglikheid van bg stellings van jou nie?Gaan lees jou skrywe weer en dink bietjie mooi daaroor.Ag nee ,regtig man,belaglik.

chris ·

Pop.
Ek gaan jou eerder so antwoord/(hersien)
1.)Greintjie verstand(sien ook laaste paragraaf)
a.)Ek neem aan jy is dieselfde persoon wat laas week die stelling gemaak het dat miljoene swartmense nou g vol is vir die ANC.Ek vra weer hoeveel van hulle ondersteun nou die DA?Gebruik nou daai greintjie verstand waarvan jy praat en gee die %.Dit hoef nie presies te wees nie net naastenby,onthou egter baie van ons kan somme maak.
2.)Afrikaanse mense ,sienswyses en besluitneming.
Ek wil nie julle sienswyse afkraak nie maar sal nie toelaat dat julle(da)leuns aanhou versprei nie.As jy die Da se beleid verstaan (ANC lite)en jy stem nog vir hulle het ek geen probleem daarmee nie.Net soos met die ANC,EFF,Vryheidsfront,alle politieke partye .Moet net nie kom lieg hier en dink julle kan daarmee wegkom nie.
Jy is reg almal moet hulle eie besluit maak, maar nie uit ‘n warboel leuns wat deur julle versprei word nie. Soos bv jou stelling van miljoene swartmense,groot verskulle tussen die ANC en DA beleide,opposisie vir ANC ens?
3.) DA sleg te maak wys ons dat ons reg stem.
Verder ook wil jy nou regtig vir my se as iemand( jy inkluis) die ANC slegmaak hulle daardeur moet besef dat hulle reg stem.

Verstaan jy werklik nie die belaglikheid van bg stellings van jou nie?Gaan lees jou skrywe weer en dink bietjie mooi daaroor.Ag nee ,regtig man,belaglik.

Dave ·

Met ander woorde Pop, mense met ‘n greintjie verstand sal stem daarvoor dat bevoegde opgeleide blankes oorsee moet gaan werk soek en die topposte soos diè van die land se kragsentrale, moet bestuur word deur onbevoegdes. Selfs nadat julle gesien het dat jul beleid Eskom bankrot gelaat het, sit julle dit voort. Selfs nadat julle boere oor die Beitbrug sien vlug het na Suid Afrika met slegs dit wat hulle in hul voertuie kon laai, stem julle steeds vir grondverdeling. Self nadat julle gesien het (às julle dit ooit gesien het) dat hulle net kan oes maar nie kan plant nie, stem julle steeds vir grondbesetting. Jy was ten minste eerlik in die opsig om te erken dat DA-kiesers slegs ‘n greintjie verstand het.

Jy sluit af deur te sê ‘wys vir ons dat ons reg stem’. Die verskillende politieke partye se beleidsrigtings word gepubliseer in forums en elders in digitale koerante. Het jy dit al bestudeer? Het jy dit al opgeweeg teen jul DA-beleid en dit op ‘n weegskaal geplaas? Indien jy eerlik en opreg is met jou laaste sin is daar vele bydraers wat jou met plesier sal rigting aanwys. Steeds sal jy dit egter moet bestudeer en met jou eie gewete uitklaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.