Kanse vir beurtkrag vanaand

(Argieffoto: Tracey Adams/ANA)

Beurtkrag gaan moontlik Donderdagaand toegepas word.

Eskom het in ’n verklaring gesê die kragstelsel verkeer vanoggend onder groot druk en die kragvoorsiener maak tans gebruik van dieselkragopwekkers om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen.

Luidens die verklaring is die instandhouding van eenhede vertraag, wat beteken dat dieselkragopwekkers deur die nag moes loop.

“Hoewel ons genoeg noodreserwes het om kapasiteit gedurende die dag aan te vul, sal ons moontlik beurtkrag vanaand moet instel om diesel en water by ons oop-siklus gasturbines en pompopgaarskemas aan te vul,” verduidelik Eskom.

Onbeplande kragonderbrekings het omstreeks 06:30 op 13 063 MW gestaan. Dit is ’n raps meer vergeleke met Woensdag se 12 620 MW.

Die kragvoorsiener vra gebruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik terwyl hy spook om kragonderbrekings onder die teiken van 9 500 MW te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Magda ·

Ag dis nou afgesaag – krag nie krag nie – what ever – maar die deuntjie raak nou afgesaag – Iets anders asb Eskom.

Frikkels ·

ñ Toets vir onse de Ruyter. Daar was nog nooit beurtkrag vandat hy die eskom leisels vasgevat het nie. Kom ons kyk of hy sterk genoeg is om dit so vol te hou.

Maknemuilius ·

Asseblief ja! Wil bietjie my nuwe speelgoed toets…………………..anders dink vroulief ek het net geld gemors!

Marie ·

Net gister gehoor iemand vra wat het nou van beurtkrag geword…..hier gaan ons alweer.

Johanna ·

Ag nee nie alweer beurtkrag nie. Alweer nie warm water vanaand nie. Ons sal maar weer moet braai vanaand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.