Kantoor van die meester gesluit weens korrupsie, bedrog  

Die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Die kantoor van die meester van die hooggeregshof is landswyd gesluit, hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na wanbestuur, korrupsie en bedrog in dié kantoor.

Die departement van justisie en korrektiewe dienste het dié aankondiging Maandag gedoen. Luidens ʼn verklaring het pres. Cyril Ramaphosa die spesiale ondersoekeenheid opdrag gegee om ondersoek in te stel na bogenoemde klagte. “Die spesiale ondersoekeenheid het gevolglik vandag ʼn soek-en-beslagleggingsoperasie in die meester se kantoor landswyd uitgevoer,” lui die verklaring.

Die ondersoek is genoodsaak deur verskeie klagte van wanadministrasie en korrupsie. In een geval in Mpumalanga word dit beweer dat ʼn beampte in die meester se kantoor R1,7 miljoen in die sak gesteek het deur middel van bedrieglike aktiwiteite. Die ondersoek hou verder verband met wanadministrasie met betrekking tot die administrasie van boedels, die hantering van minderjariges se geldsake en die oorsig van likwidasie van maatskappye.

“Ons het dus geen ander keuse gehad as om die meester se kantoor landswyd te sluit nie, ten einde die ondersoekeenheid die geleentheid te gee om inligting wat relevant is tot die ondersoek sonder enige hindernisse te versamel,” lui die versklaring.

Die departement sê hy is ten volle bewus daarvan dat die meester se kantoor ʼn kritieke rol in die samelewing speel. “Ons versoek mense egter om hul besoek aan die meester se kantoor met net ʼn dag uit te stel. Dringende sake kan deur middel van die plaaslike landdroshof na hoofkantoor deurgegee word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dubbelloop ·

Dit is net bedrog, korrupsie en moord in die ergste graad. Hierdie regering en dan die res vd ander is net iets vreesliks. Dan is daar n onbekwame regter wat onskuldige blanke jong mans skuldig bevind aan moord waaraan hulle nie ‘n greintjie skuld gehad het nie. Die twee jong mans in Colingny. Dit is hartseer.

Oujongvrou ·

Is daar enigiets of enige instansie waar korrupsie nie hoogty vier nie. Hierdie ANC is n skandalige korrupte regering.

Sarel ·

Daar wird alreeds jsre lank gekla oor die feit dat die administrasie nie na wense is nie en boedels net nie afgehandel word nie. Ondersoel moes lankal gedoen geword het.

Magda ·

Goeie hemel – wanneer gaan dit ppot eendag stop. Het die gemors net geen gewete nie.

Daniel Pieter Schoeman ·

Nee wat die sous trein is nog gelaai dit gaan in al die plekke waar hul in beheer is so, hul sal krap tot laaste duppel uit die emmer is

Aries ·

As jy enigiets in die staatsdiens wil opneuk wat nog nie korrup is nie(is daar nog soiets) gee dit net vir die ANC -hulle is meesters op die gebied
A – another
N- non-stopping
C- crisis

Seer sekerlik n politieke party wat die beste naam ter wêreld het- ANC

Jakes ·

Dit is skrikwekkend dat die geloofwaardigheid van ons regstelsel weer onder verdenking kom. Ek is sprakeloos dat daar feitlik nie meer enige staatsinstansie is waar kriminele aktiwiteite nie bedryf word nie.

Kaal Keiser ·

…dit is die rede dat hier NIKS was toe Jan van Riebeeck hier aangekom het nie …

Moedeloos ·

My moeder is Aug 2018 oorlede. Al wat sy op haar naam gehad het is haar kar wat R30 000.00 werd is. Dit neem nou al 1jaar en 5 maande om die boedel af te handel. Jy kry net geen terugvoering vanaf hulle nie. Ek is al skoon moedeloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.