Kantoor van die meester Woensdag weer oop

Die hooggeregshof in Johannesburg. (Foto: Skermskoot/Google Maps)

Die kantoor van die meester van die hooggeregshof sal môre (Woensdag) weer ten volle in werking wees. Dít nadat die kantore Maandag en Dinsdag landwyd gesluit was weens ʼn ondersoek deur die spesiale ondersoekeenheid na bewerings van bedrog, korrupsie en wanbestuur.

Maroela Media het Maandag berig dat pres. Cyril Ramaphosa die spesiale ondersoekeenheid opdrag gegee het om ondersoek in te stel na bogenoemde klagtes. Die spesiale ondersoekeenheid het gevolglik vandag ʼn soek-en-beslagleggingsoperasie in die meester se kantoor landwyd uitgevoer.

“Die ondersoeke is hoofsaaklik die jurisdiksie van die ondersoekeenheid, daarom kan ons nie bepaal wanneer dit afgehandel moet word nie. Almal stem egter saam: hoe vinniger hoe beter,” het Chrispin Phiri, woordvoerder van die departement van justisie en korrektiewe dienste, gesê.

Hy sê die kantoor van die meester werk môre landwyd weer normaalweg. “Ons vra Suid-Afrikaners opreg om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is,” sê Phiri.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die spesiale ondersoekeenheid, het ook bevestig dat die klopjagte en beslaglegging van dokumente vandag afgehandel behoort te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andries ·

Kom nou Meneer di President! NOG n ondersoek – dis (hoog) tyd dat mense nou by di hotel met oranje oorpakke ingeboek word…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.