ʼn Brand het Maandagaand by die kantoorgebou van ʼn hoërskool in Malamulele in Limpopo uitgebreek.
“Dit is in die stadium nie bekend wat die brand veroorsaak het nie, maar die moontlikheid van brandstigting word ondersoek,” het kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. “Sowat ses kantore is beskadig. Die brand is onder beheer gebring voor dit na die res van die skool versprei het.”
Die Malamulele informele nedersetting gaan vir die afgelope maand gebuk onder gewelddadige betogings. Inwoners dring aan op hul eie munisipaliteit en voer aan dat die Thulamela-munisipaliteit nie die nodige diens lewer nie.
Die munisipale afbakeningsraad het Vrydag aangekondig dat Malamulele nie kwalifiseer vir sy eie munisipaliteit nie, waarna inwoners paaie versper en bande aan die brand gesteek het.
Otto het gesê die situasie in die gebied is Dinsdagoggend stil, maar gespanne. “Daar is ʼn sterk polisieteenwoordigheid in die gebied. Buiten die brand by die skool, is geen ander voorvalle Maandagaand aangemeld nie,” het Otto bygevoeg.
As daar nie integrasie plaasvind by ‘n sekere privaat skool is die duiwel los. As daar wel integrasie plaasvind tussen gebiede is die duiwel los. Wat wil hulle hê? Chaos is ‘n baie beskrywende woord vir ‘n barbaar.
En wie gaan hierdie plek weer herbou? en op wie se onkoste? Steeds geen besef van waar die geld vandaan kom nie, en ook nie gepla nie, want die rekening gaan nie vir hulle nie maar vir die belastingbetalers van hierdie land!
Los daai gebou net so, laat hulle maar self sien kom klaar!
Dan kla hulle dat hulle nie skole en handboeke het nie. Hulle benadeel hulle eie kinders. Maar die ANC het hulle mos so geleer: as iets nie na jou sin is nie, brand alles af. Nou is die skoen aan die ander voet en die ANC-regering moet toesien dat alles gebou of herstel word.
Dan kla hulle dat hulle nie skole en handboeke het nie. Hulle benadeel hulle eie kinders. Maar die ANC het hulle mos so geleer: as iets nie na jou sin is nie, brand alles af. Nou is die skoen aan die ander voet en die ANC-regering moet toesien dat alles gebou of herstel word.