Kapenaars aan waterbeperkings herinner

Theewaterskloofdam (September 2018)

Die Stad Kaapstad se kollektiewe waterverbruik het die afgelope week met 24 miljoen liter tot 634 miljoen liter water per dag gestyg.

Damme wat water aan Kaapstad voorsien het die afgelope week met 1,4% gedaal tot 54,6%.

Die stad bly binne sy teiken van 650 miljoen liter water per dag, maar herinner inwoners daaraan om steeds waterbesparing in gedagte te hou.

Vlak 3-waterbeperkings bly van krag:

  • Daaglikse verbruik van 105 liter water per persoon per dag, ongeag of jy by die huis, werk of elders is.
  • Voertuie, sleepwaens, karavane en bote mag slegs met munisipale drinkwater gewas word indien ʼn emmer gebruik word. Inwoners word aangemoedig om eerder nie-drinkbare water te gebruik.
  • Toilette moet verkieslik met gryswater, reënwater of nie-drinkwater gespoel word.
  • Kommersiële motorwasserye moet voldoen aan bestepraktyk-norme wat betref waterverbruik per motor wat gewas word en ʼn minimum van 50% van die water moet hergebruik word.
  • Geen besproeiing of natlei met munisipale drinkwater binne 48 uur ná reën wat voldoende versadiging verskaf het nie
  • Besproeiing/natlei met munisipale drinkwater word slegs toegelaat op Dinsdae, Donderdae en Saterdae voor 09:00 en ná 18:00 vir ʼn maksimum van een uur per eiendom en slegs met ʼn emmer of gieter. Geen tuinslange of besproeiingstelsel mag gebruik word nie.
  • Boorgatwater moet doeltreffend bestuur word om verdamping en vermorsing te vermy.

Besoek www.capetown.gov.za/thinkwater vir alle waterverwante inligting.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael ·

Ry net deur die townships dan sien jy hoe water bespaar word.

KrokidilBotha ·

Yip , en die DA het nog geen instandhouding, opgradering ensv gedoen toe die damme leeg was nie. Betaal meer, tot dit reen , en so gaan dit jaar vir jaar. Toeka dae se strukture , pyplyne word mos net gepatch.

jaco ·

daardie damme en meeste van die strukture en pype behoort aan die Staat, by name die Department van Waterwese. So as mens nou wil tegnies wees: dit behoort aan die ANC. G’n wonder dit word nie in stand gehou nie en hulle sal seker ook nie ‘n DA stadsraad help nie. Dis mos nie “our people” nie.

SANDRA ·

Die mense het ‘n helse fout gemaak deur die watergebruik bekend te maak, want sedertdien het die verbruik toegeneem,

JoeV ·

Mens kan amper nie dink daar is mense voltyds in diens om na die oudste ondwikelde dorp in die land om te sien en dit nie doen nie.
Hulle bly reg langs die see….. eerste ding wat jy sien is die see as mane uitkyk in die oggend.
Hoekom bly hulle sukkel, met son en wind kan hulle water maak wat die hele kaap kniediep oorstroom teen baie goedkoper as die ongerief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.