Kapenaars gewaarsku oor swaar reën, storms

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag gewaarsku dat Kapenaars hulle kan staal vir wydverspreide reën en swaar donderstorms in dié provinsie.

Volgens die weerdiens word die reënval vanaf Vrydag verwag en sal dit in die weste begin en ooswaarts beweeg. Die weerdiens het gesê die Kaapstadse Rampbestuursentrum is ook van die weervoorspelling in kennis gestel.

“Die grootste hoeveelheid reën word in die Kaapstadse metro en die Grabouw-omgewing verwag vanaf ongeveer 04:00 tot 11:00,” het die Stad Kaapstad in ʼn verklaring gesê.

Dit is moontlik dat die reënval plek-plek oorstromings kan veroorsaak wat huise en paaie kan beïnvloed. “Inwoners word gemaan om môre-oggend vir ekstra reistyd voorsiening te maak aangesien die paaie moontlik deur die reënval geraak kan word.”

Enige weerverwante noodgevalle kan vanaf ʼn selfoon by 021 480 7700 aangemeld word of vanaf ʼn landlyn by 107.

Algemene diensnavrae kan aan die stad se inbelsentrum gerig word by 0860 103 089.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ellisras ·

Die is mos goeie nuus. By reën is meer beter, veral in die Kaap. Ons moet die bietjie ongerief verduur. Die damme moet vol.

marous ·

Die kapenaars moet gewaarsku word om op hulle kniee te gaan van dankbaarheid

Petrus ·

Hierdie is die top-punt van “Fake-news” WAAR kom julle aan die storm??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.