Kapenaars gewaarsku teen perdebyplaag

Foto verskaf deur stad Kaapstad.

Foto verskaf deur stad Kaapstad.

Die stad Kaapstad het inwoners gewaarsku teen ʼn perdebyplaag wat reeds besig is om die stad binne te dring en na verwagting sal vererger.

Ulrike Irlich, projekbestuurder teen indringer perdebye, het Maandag in ʼn verklaring gesê duisende Europese papierwespe se neste is reeds uit gebiede soos Durbanville, Kuilsrivier, Brackenfell, Kraaifontein en Bellville verwyder. Die neste is ook van huise in Bothasig, Ottery, Plumstead, Constantia, Woodstock, Athlone en Wetton verwyder, wat aandui dat die indringing besig is om erger te word, het Irlich gesê.

“Gedurende lente word perdebye wakker nadat hulle die hele winter dormant was. Die steek van hierdie perdebye is besonder pynlik,” het sy gesê. “Verlede seisoen is talle berigte ontvang van perdebye wat werkers aangeval het terwyl hulle besig was druiwe en ander vrugte te oes. Die perdebye hou ook ʼn gevaar vir inwoners in wat onbewustelik ʼn kolonie versteur.”

Foto verskaf deur stad Kaapstad.

Foto verskaf deur stad Kaapstad.

Volgens Irlich is die stad Kaapstad se spanne vir die beheer van indringer perdebye (IWC) op ‘n gereedheidgrondslag om die indringing te beveg. ʼn Projek is in Oktober 2014 van stapel gestuur met die doel om die reusebevolking van indringende Europese papierwespe  in die stad te verminder.

“Inwoners word aangemoedig om waarnemings van perdebye aan te meld of ʼn betroubare plaagbeheermaatskappy te kontak. Indien neste privaat verwyder word, word huiseienaars aangemoedig om ʼn verslag met die straatadres en die hoeveelheid neste wat verwyder is aan [email protected] te stuur om te help met beplanning vir die toekoms en navorsing,” het sy gesê.

Sy het beklemtoon IWC-spanne sal help met die perdebye se verwydering sover hulle kan, maar dat hulle nie opgelei of toegerus is om bye te verwyder nie. Sy het ook gesê dat die spanne nie inheemse perdebye kan verwyder nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Ja, dis nou wat gebeur wanneer julle die e-tolstelsel teenstaan . . . . .☺ ☺

HEVW ·

Neewat hierdie is sommer bytjies en nie die naam perdeby waardig nie. Die perdeby wat ek ken is n perdeby. Hy is rooi van kleur met 2 twee geel strepies om sy agterend. Maak gewoonlik hul nes waar n mens baie onderdeur moet loop. En op n dag as jy in gedagte is dan gewaar jy dit. Hy sit sommer so half vas op jou lyf en dan boor hy. Vra maar vir groot manne hoes daai pyn. Dit is gewoonlik die keerpunt. Die beste is om hulle in die nag by te kom. Wees versigtig om te brand. Huise het al in die slag gebly.

Gerhardt ·

Ek haat enige perdeby, het eendag in die wildtuin ,die troon bestyg, toe val hulle aan, sulke swart swerkaters, wel my maag het sommer gestop! In elk geval, my ervaring met die papier nes perdebye is dat twee kannietjies Doom baie goed werk, maar mens moet net die dooie reste opvee sodat ander diere nie vergiftig word nie.

DAAN ·

HOOP NIE DIS TE VEREGAANDE WAT EK NOU GAAN VERTEL NIE. EK KEN BOERE IN DIE FILIPYNE EN HULLE GEBRUIK PERDEBYE IN HULLE GROENTE TUINE OM RUSPES EN SKADELIKE INSEKTE IN TOOM TE HOU. HULLE VOER ‘N BIOLOGIESE OORLOG TEEN DIE GOGGAS EN SPUIT NIE INSEKDODER OP HULLE GROENTE NIE. NIA ALMAL DOEN DIT NIE.SELFS DIE WIT HUISMOT SAL VERDWYN AS JY PERDEBYE NABY JOU HUIS HET

Paul ·

Daan, daar is letterlik duisende verskillende spesies “perdebye”. Dis nie almal dieselfde nie. Verskillende spesies gedra hulle verskillend en eet verskillende goed.

Arno ·

‘n europese perdeby klink nie so gevaarlik nie maar vir die wat sukke die volgende wenke kan werk, indien vinnig wil doodmaak gooi net petrol op sy nes. Mens kan ook doom spray maar dan moet jy nogal kan vinnig omdraai en in die pad val. As jy n dammetjie of iets van die soort het en dit is n warm dag gooi Sunlight seep op die water dit breek die seel en as hulle kom sit op die water dan kan hulle nie weer vlieg nie. En in die geval wat hy jou steek sit bietjie break fluid op. Dit is nou die tricks wat mens in die kalahari leer.

Storm ·

Ek het al 2 jaar terug vir owerhede dit gewaarsku maar hulle smeer hul gatte af aan mens en skuif jou rond van persoon to persoon en instansie na instansie. Die plaag gaan erger word want ons winters is nie koud genoeg om hulle uit te din nie en ook bly hul aktief wees dit warmer is en ook meer insekte.
Ek het selfs 50/50 genader en hulle sê hulle gaan nie ń storie doen oor dit nie weens dit nie in gauteng is nie en nog klomp verskoonings. Ek het nog die een email wat hulle vir my laas gestuur het, ek het al 4 gestuur en elke keer ń ander verskooning. Rodes university het ek ook gekontak maar weier om na die storie te luister eers. So wees gewaarsku dit gaan nog heel erger word ek roei 4 neste net in en om die huis elke week uit en hulle word meer agresief hoe warmer dit word.

Storm ·

Ek het al 2 jaar terug vir owerhede dit gewaarsku maar hulle smeer hul gatte af aan mens en skuif jou rond van persoon to persoon en instansie na instansie. Die plaag gaan erger word want ons winters is nie koud genoeg om hulle uit te din nie en ook bly hul aktief wees dit warmer is en ook meer insekte.
Ek het selfs 50/50 genader en hulle sê hulle gaan nie ń storie doen oor dit nie weens dit nie in gauteng is nie en nog klomp verskoonings. Ek het nog die een email wat hulle vir my laas gestuur het, ek het al 4 gestuur en elke keer ń ander verskooning. Rodes university het ek ook gekontak maar weier om na die storie te luister eers. So wees gewaarsku dit gaan nog heel erger word ek roei 4 neste net in en om die huis elke week uit en hulle word meer agresief hoe warmer dit word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.