Kapenaars kan net dán swem

Foto: ANA

Foto: ANA

Die stad Kaapstad het die bedryfsure van sy munisipale swembaddens verander weens die strenger waterbeperkings wat tans geld.

Alle openbare swembaddens sal van 13 Februarie van Maandag tot Donderdag gesluit wees. Dit geld egter nie die swembaddens in Seepunt, Langstraat, Retreat, Blue Downs en die Strand nie.

Die ander openbare swembaddens sal slegs van 14:00 tot 17:00 oop wees op Vrydae, van 10:00 tot 17:00 op Saterdae en Sondae. Dié beperkings sal van krag wees tot einde Mei wanneer swembaddens vir die winter gesluit word.

Openbare swembaddens sal naweke oop wees in Athlone, Atlantis, Bellville, Bonteheuwel, Brown’s Farm, Delft, Eastridge, Elsiesrivier, Enthonjeni, Goodwood, Hanover Park, Kensington, Khayelitsha, Langa, Lentegeur, Manenberg, Monwabisi, Morning Star, Muizenberg, Observatory, Parow-Noord, Parowvallei, Ravensmead, Ruyterwacht, Vulindlela en Wynberg.

Die swembaddens in Newlands, Westridge en Trafalgar is egter gesluit vir opknappingswerk.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê sowat 75 mense het gemiddeld op weeksdae openbare swembaddens gebruik in Februarie en Maart 2016. Die gemiddeld is sowat 150 mense oor naweke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Emile ·

… en terwyl jy in die pad is, oefen sommer krieket daar. Geen krieketvelde nodig nie, nog meer besparings.

John ·

Nogal waar Carl, maar niemand is mos ooit tevrede met wat hy het nie.

SNEL ·

Wonder hoeveel water sal nie bespaar word as al die lekkende krane ophou drup nie, of toilette wat water lek reggemaak word nie en dan praat ek nie van huisie nie, maar in publieke plekke en winkelsentrums.

zahn ·

Jy kan bysit, swembaddens, kyk die syfers genoem hierbo. Dis mos glad nie winsgewend om die swembaddens oop te hou as dit die belangstelling is nie?

lyn ·

Mens moet in Kaap bly om te besef hoe ons sukkel. Ons in noordelike voorstede bly ver van see af. Ek was skottelgoed in groot bak en gooi daai water op gras. Stort en badwater loop deur pyp op gras. Damme onder 30%. Laaste 10% kan hul nie gebruik. Geen reen in vooruitsig. Ons stuur al bid WhatApp boodskappe vir reen. Stad Kaapstad het laat weet hul sal behoeftige mense se lekkende krane ens gratis regmaak.

Gatvol ·

Met die see oorkant die pad, hoekom nog die moeite om die swembaddens oop te hou, en dit volgens statistieke vir net 75 mense. Wat meer wil hulle nog hê?

Christa ·

Lekkende of druppende kraan IN jou huis is nie ‘n verskoning nie. En het so ‘n kraan in my badkamer se wasbak. Sit net die prop in en gebruik die water vir handewas of enige ander was!!! Hoe moeilik kan dit wees? Sit ‘n emmer onder ‘n druppende kraan buite!!

Dirk Breytenbach ·

Die Stadsrade is ywerig om mense aan die kaak te stel wat water misbruik, en dit is sekerlik nodig om water te bespaar, maar wat hulle uit die oog verloor is dat niemand planne maak om ons waterbronne te vergroot of te vermeerder nie. Almal is reaktief en weet al jare dat water ‘n groot probleem is. Ons stasdsvaders oral in de land het gefaal in hulle plig en maak staat op reen wat nie altyd betroubaar is nie.

DC ·

En die CCT plaas die blaam vir “vermorsing” van water op die belastingbetalendes wat hulle tuine natlei ens. Ek stem dat mens water oordeelkundig moet gebruik, maar die blaam vir vermorsing moet by die regte partye gele word. En die CCT is self een van hulle……en die 24/7/365 lopende krane in die talle townships…….en die toilette wat permanent loop, in die townships…. Maar nee, soos gewoonlik moet die mense wat altyd probeer spaar en wat getrou hul dienste betaal die blaam dra en gestraf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.