Kapenaars kan weer tuin natmaak

Argieffoto: Pixabay.com

ʼn Effense verslapping aan waterbeperkings deur die Stad Kaapstad, beteken inwoners van die Moederstad kan uiteindelik weer tuin natmaak nadat hulle maande lank hul groen grasperke vir bruin stof moes verruil.

Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en vullis, sê met die provinsie wat baie minder deur die droogte gewurg word vergeleke met verlede jaar die tyd, kon die stad bekostig om die waterbeperkings effens te verslap. Gemiddelde damvlakke staan tans op 53%, terwyl dit in Maart 2018 op 24% was.

Die verslapping is egter steeds van beperkte omvang en op sekere voorwaardes; watervermorsing sal steeds nie geduld word nie. “Die waterbeperkings maak voorsiening vir die natlei van tuine deur die gebruik van doeltreffende waterverbruikmetodes. Waterdoeltreffende besproeiingsmetodes wat drinkbare water gebruik, word nou toegelaat vir ʼn maksimum van ʼn uur op Dinsdae, Donderdae en Saterdae, óf voor 09:00 óf na 18:00,” sê Limberg.

Spaarsamige besproeiingsmetodes sluit in drupperstelsels, druplyne of ʼn tuinslang met gaatjies (“soaker hose irrigation”). Limberg sê suboppervlak of direk-na-die-wortel-besproeiingmetodes is ook baie doeltreffend en bekostigbaar. ʼn Emmer of gieter kan ook gebruik word.

Volgens Limberg mag inwoners net op ʼn Saterdag en weereens net vir maksimum ʼn uur lank van ʼn sproeier gebruik maak om tuine nat te maak.

“Baie Kapenaars was baie hartseer dat hulle gedurende die ergste droogtetydperk nie meer hul tuine kon natmaak nie. Die droogte was moeilik vir ons almal en het vereis dat almal aanpassings aan hul leefstyl en waterverbruik moes maak,” sê Limberg.

“Hoewel hierdie aspek van die vlak 3-waterbeperkings verslap is, word inwoners daaraan herinner dat beperkings steeds geld waaraan gehoor gegee moet word. Die persoonlike waterverbruikperk is steeds op 105 liter per persoon per dag en die stad se gesamentlike waterverbruikteiken is 650 miljoen liter water per dag.”

Klik hier vir meer inligting oor die vlak 3-waterbeperkings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marie ·

BID BAIE VIR REEN WAAR NODIG, DANKBAAR AS GEBEDE VERHOOR WORD, AMEN DAARVOOR, PRYS DIE GROOT HAND VIR ELKE DRUPPEL.

CdV ·

Om in hoofletters op internet / sosiale media te tik beteken jy skreeu dit uit.

Ellisras ·

Hoofletters beteken jy skree op ons. Ek lees nie wat jy dan skryf nie.

GRIET ·

Neeeeee…cdv jyt die kat aan sy stert en aan sy een agterpoot beet… ?
DIS NET BAIE MEER GERIEFLIK EN VINNIGER OM HOOFLETTERS TE GEBRUIK nâ ñ sekere ouderdom, niks met uitskreeu of uitgil te doene nie

CdV ·

Dankie vir die goeie nuus, maar sê my, Me Limberg , wanneer skaf julle die water heffing wat die DA so blitsig en eendsydig ingestel het, dan af???? Toe water skaars raak, moes verbruikers in gevestigde woongebiede hoes sodat jul begrotings kon klop.Nou is water meer (normaal) en verbruiker hoes steeds. Jul hardegatgeit gaan jul baie stemme en moontlik die Wes Kaap kos. Hou maar so aan en sien.

barend v d westhuizen ·

nee jy is verkeerd hulle hulle sal dit nie af skaf nie wand hulle is net besig om die ou wit woon gebied se mense leeg te suig om te betaal vir hulle sleg te hied om geld in te vorder van af die ander kant se mense wat vir niks betaal nie

Helene Heyns ·

Gaan die tariewe van water ook verlaag word? Dit help nie die water is daar maar mense kan dit nie bekostig nie.

Herman P ·

Almal moet Jojo tenks kry vir as die reën kom. Almal met tuine

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.