Kapenaars leef langer

kaapstadStatistiek Suid-Afrika het Dinsdag gesê Kapenaars leef langer as mense wat in Pretoria woon.

Mans in Kaapstad se lewensverwagting is 54, terwyl hul eweknieë in Pretoria se lewensverwagting 52 jaar is.

Vroue in Kaapstad word gemiddeld 64 jaar oud, en in Pretoria 56.

Die syfers vir die twee metropolitaanse gebiede is gebaseer op StatsSA se verslag oor sterflikheid en die redes vir afsterwes in 2011.

Altesaam 26 466 sterftes is in 2011 in Kaapstad aangemeld, maar 19 547 in Pretoria vir dieselfde periode.

Pali Lhohla van StatsSA het gesê die aantal sterftes tussen 2010 en 2011 het met 7.7% afgeneem, terwyl die aantal sterftes tussen 2009 en 2010, en 2008 en 2009, onderskeidelik met 5.6% en 2.6% afgeneem het.

KwaZulu-Natal het die meeste sterftes, naamlik 21% en Gauteng 20%. Die Oos-Kaap is derde met 14% van sterfgevalle.

Altesaam 45 990 sterftes was weens onnatuurlike oorsake in die periode. Dit sluit ongelukke, aanranding, komplikasies weens mediese en sjirurgiese prosedures en selfmoord in.

Tuberkulose is die grootste oorsaak vir sterftes onder mans en vroue. Verkoue en longontsteking is ook van die grootste oorsake vir sterftes.

Sewe persent van persone tussen 15 en 49 jaar oud is dood weens MIV/Vigs.

Elf persent van onnatuurlike sterftes is weens padongelukke en 1% weens selfmoord.

Swart- en bruinmense sterf hoofsaaklik weens tuberkulose (12% en 8% onderskeidelik) en Indiese mense sterf hoofsaaklik weens diabetes (13.5%). Witmense sterf hoofsaaklik weens hartsiektes (11.3%).

Die statistiek vir 2011 word eers in 2014 beskikbaar gemaak, aangesien daar ʼn vertraging was om al die beskikbare inligting te bekom. Die 2012/2013-verslag sal na verwagting later vanjaar beskikbaar gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Slim Daan ·

Nou siedaar. Ek dink daai Groot Trek het die manne / vroue se fut permanent uit die lewe gehaal. Juis daarom is chroniese voet / knieg en eelt-probleme aan die orde vd dag.
Hier duskant Struisbaai hoop ek om met my eie organiese groentetuin, een Jersey koei en 10x Leghorn hoennachies nog 20-jaar by my reeds 8.5 dekades te voeg.
Die gejaag na wind ( my mho en pho ry albei nuwe fho x fho’s ) is die ding wat die manne daar bo so laat kantel. Eweneens die afsluk van n vinnige mince-vetkoek & Coke om so vining moontlik die $’rs in die bank te gaan deponeer.
PS.
n Glasie rooies onder die eike op Skelmbosch help ook!

Peter Says ·

Hoor, hoor Daan, dis die rooiwyn wat ons aan die gang hou. Lekker ou Kaap.

Jasper ·

Daai rooies moet seker ook help om van die “Stormer stres” ontslae te raak. ha ha.

Interessant dat niemand meer a.g.v HIV omkom nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.