Woede ná motoris gansies opsetlik doodry

Die gesin Egiptiese ganse steek Adderleystraat by die Groote Kerk (agtergrond) oor, oomblikke voor die bestuurder van die motor regs van hulle voet neergesit en twee van die babaganse doodgery het. Foto: DBV Kaap die Goeie Hoop via Facebook

Kapenaars het ontstoke gereageer nadat ʼn motoris blykbaar doelbewus oor ʼn gesin kolganse gejaag en twee van die babagansies doodgery het.

“Ek het pas gesien hoe hierdie hartelose, onmenslike persoon opsetlik twee babaganse op die hoek van Spin- en Adderleystraat [in die Kaapse middestad] doodry,” het Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, Vrydag op haar Facebook-profiel geskryf. Sy was een van die verbygangers wat dit sien gebeur het.

“Ek sê doelbewus, want ons het probeer keer dat hy by die verkeerslig wegtrek, maar hy het hulle gesien en eenvoudig bo-oor hulle gery. Wat ʼn walglike entjie mens!”

Een van haar Facebook-vriende, Bashier Sibda, was ewe verontwaardig. “Ons het dit Vrydagoggend sien gebeur,” skryf hy in reaksie op haar inskrywing. “Een van die veiligheidswagte en ʼn vrou het die ganse oor die straat help kom. Mense het nog foto’s geneem.

“Dit het hulle gelukkig gemaak net om die ganse daar in die straat te sien. En wat daai ou gedoen het, is ʼn wrede daad. Om hulle dood te ry, was ongevraag.”

Die DBV sê hulle het kennis geneem van die “hartelose” daad waarin die babaganse blykbaar met opset deur ʼn bestuurder in die Kaapse middestad doodgery is.

“ʼn Verbyganger was besig om die gesin Egiptiese ganse af te neem … toe die voorval gebeur wat tot die gansies se dood gelei het,” skryf die vereniging op sy Facebook-blad.

“Ons is besig om die eienaar van die motor se nommerplate na te gaan en het ook ʼn werknemer na die toneel gestuur om die oorskot bymekaar te maak vir die doel van ʼn nadoodse ondersoek. Ongelukkig was dit reeds verwyder en kon nie opgespoor word nie.”

Die DBV sê hulle is dankbaar vir die ooggetuies wat na vore gekom en verklarings afgelê het, sowel as fotografiese en videobewyse. “Ons vra dat enige ander getuies wat dié afskuwelike vertoning van minagting van en wreedheid teenoor diere asseblief hul weergawe van die gebeure by die Kaap die Goeie Hoop-DBV rapporteer.”

Die vereniging kan tydens kantoorure by 021 700 4158/9 gebel word, ná ure by 083 326 1604, of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Susan ·

Hoop di pes word swaar gestraf. Ni aldag dat ganse met hulle baba gansies di pad oor steek ni en dit nog op n kruising. Kry ma gans jammer dat sy 2 gansies moes verloor.

Liberalis ·

Ons linkses staan agter jou. Die arme man was seker net honger en wou stop om hulle te eet maar het toe geintimideerd gevoel deur die omstanders wat sy reg tot privaatheid skend deur om hom af te neem.

Piet ·

Ai wat in party mense se kop aangaan wil mens eerder nie weet nie. Wat de……………….?

Rodney van Rensburg ·

Wel ek moet sê julle vat bietjie lank.
(‘n Nommer Plastic vat nie so lank om adress ens te kry nie)
Daardie vark sal gestraf moet word.

Liesel ·

Die persoon het nie ‘n hart nie en jy behoort jou te skaam. Jy kon so paar sekondes gewag het vir hulle om veilug aan die anderkant van die pad te gekom het.

Bul ·

Afstootlik. Waste tipe drek is in die samelewing? Hoop hy kry sy straf soos community service onder toesig by die spca – honde en kathokke skoonmaak op naweke for 6 maande dat hy kan leer dat diere hulpeloos is in die aangesig van die mensdom se inherente wreedheid.

ANA ·

Aaag,nou toe nou nehhh…!
Dié motoris het toe seker vroeëer by sy bestemming aangekom én voel VREESLIK TROTS op homself,die vullis!

Hans ·

Hierdie ‘onderwerp’ is ‘n ook ‘n gevaar vir sy eie samelewing – hou maar dop en laat ons weet.

Dennis ·

Alhoewel dit n absolute onnodige daad van die bestuurder was, is daar iets anders wat my pla. Die DBV is alewig op die soekna fondse om al die goeie werk wat hulle doen te befonds. So hoekom sal hulle geld wil mors op n nadoodse ondersoek van gansies wat deur n moter doodgery is, waarvan die bewyse op film vasgele is? Nadoodse ondersoek is gewoontlik om die rede vir dood vas te stel en kos baie geld.

Mike von Mallinckrodt ·

GodseGawe,
wat wil jy met jou kommentaar se. Watse soort ganse dit is speel hier geen rol nie.

RHG ·

Dis spesiaal om so iets te sien. Blykbaar voel nie almal so nie.
Maak mens skoon hartseer.

Hasie ·

Ek hoop van harte dat daar iemand is wat daardie persoon gaan opspoor. Hy moet verantwoording doen, geteister word tot in die hel.

Asjas ·

Name and shame!!! Haal daai blou van die nommer plaat af sodat almal kan sien wie dit is. As ek so iemand in my vriendekring het verban ek hom/haar onmiddelik, daar is geen verskoning nie.
Ek sal alles in my vermoe doen om ‘n hond of kat wat skielik voor my in hardloop te mis, self skade aan my kar maar so aspris, dis evil verby!!

Ella ·

Ek het in NZ by my kinders gekuier en in n besige straat in n voorstad van Auckland het n man uitgeklim en die eende gehelp om veilig oor te gaan.
Almal het gestop nie een het eens toeter geblaas. Dit was so spesiaal om te sien.
Verlede week het ek op n plattelandse pad gekry toe n veewagter sy trop laat oorloop.
Alle voertuie het tussen die diere deurgedruk. Net ek het gestop en gewag dat almal oorloop.
Sulke dinge is vir my baie spesiaal want ek het op n plaas groot geword
Skandelik wat die bestuurder in Adderkeystraat gedoen het. Hoop hy kry n groot boete wat n n les sasweesl wees vir alle bestuurders in SA.

leser ·

bestuurder van motor:
skuus ek het hulle nie gesien nie
ek was haastig oppad na my skelm
ek het ‘n nood gehad, – enige verskoning om nie verantwoording te deon nie
hoop dbv kry hom in die hof

Erwee ·

Dis goed om te sien hoe heftig mense reageer as daar twee gansies doelbewus doodgery word!!! Die DBV tree toe, sowel as die die mense op sosiale media. Mag ons harte ook WEER so aangeraak word vir elke onnodige lewe wat geneem word deur misdaad in hierdie pragtige land van ons!! Ek vermoed dat ons harte al so gewoond geraak het aan die “nuwe normaal” dat dit net nog ‘n moord op ‘n plaas of “township” was wat ons in die koerant lees of op TV sien. Mag ons almal, insluitende die geregsdienaars, weer “gansie-harte” kry en as ‘n “eenheid” opstaan teen die misdadigers in ons samelewing!! Mag daardie dag sommer gou aanbreek.

Hasie ·

Asseblief DBV, julle moet hierdie moordenaar gas gee. ‘n Stywe boete of selfs trokstraf sal goed wees. Deur skaamteloos hierdie eendjies dood te ry, sal so ‘n mens ook nie skroom om ‘n mens dood te maak nie. Ek pleit dat die DBV hierdie persoon swaar sal straf.

Corné ·

Daar is wrede siek aaklige vieslike mense in die wêreld…

Callie ·

Hoop die bestuurder lees die kommentaar. Jy is n sadis. Jou tipe moet verwyder word uit die samelewing. Jy het hopenlik nie n gesin nie. Glo ook nie jy het vriende nie. Ergste is ek dink nie eers n sielkundige kan jou help nie. Breinverroting kan nie genees word nir

Johannes van Rooyen ·

Ek hoop regtig regtig die persoon word bitterlik hard gestraf HIERDIE is ñ toonbeeld van die toestand waarin SA is

Andre Geldenhuys ·

Nou hoekom verf julle sy nommerplaat toe? Laat ons almal sien wie die walglike vent is!

Mariette ·

n Monster wat so iets doen het beslis sadistiese neigings en het geen respek vir enige van lewe nie ??

Helene Heyns ·

Wat sou dit hom nou gekos het om net n bietjie te wag tot hulle oor die pad is. Dis n persoon met n wreedheid in sy hart wat so-iets doen. Hoop hy ry aan die pen.

Cherokee ·

Ek was enkele maande, op pad van La Lucia na Durban, bevoorreg om die M4 tot halt te roep toe mamma kolgans met haar kuikens voor ons oor die pad gestap het. Almal het agter ons stil gehou en bewonderend gewag vir die gesin om oor die pad te stap.

Fanie ·

Somige mense het nie harte nie geen lewe beteken vir hom iets nie hy is n baie siek persoon wat uit die samelewing verwyder moet word en geriabliteer moet word hy moet leer wat waardes is want hy het niks

heenkome. Die bstuurder sal sy dag kry. Wat jy saai sal jy maai. ·

Dis ons mense se skuld dat die diertjies loop waar hulle voorheen nooit sou loop nie. Ons vernietig hulle habitat en hulle soek net ander heen kome. Die bestuurder sal sy dag kry. Wat jy saai sal jy maai. Wys ook die kar se registrasie nommer en almal sal weet wie die hartelose persoon is.

Emma ·

Jammer hoe wreed kan n mens wees. Die arme diere kan nie baklei teen mense nie. Afskuwelik !

Kanibaal ·

Daai gemors kry satisfaksie daaruit om n onskuldig dier leed aan te doen. Hy is die soort wat sal mensvleis eet en dit nog geniet ook.

Elsa Ferreira ·

Mense is die wreedste van wreedste kreature…..ek kan sien hoe Pappa God in Sy hande sit in huil….oor hierdie pragtige aarde en diere wat Hy geskep het en hoe die mens dit verniel! Bloemfontein se dieretuin se diere sit die afgelope 4 dae sonder kos…..ons vind dit gister uit!! Onskuldige diere…..wat in hokke is…..sonder kos vir 4 dae…..ek meen!!! En hoekom? Want die munisipaliteit het kwansuis nie geld nie…..Ooooe Liewe Jesus moet ons help ???

Mm Ja nee ·

Hoop hierdie gaan ook so oor tekwre ge gaan word!! Eerder n gans/eend doodry as om diere hulpeloos in n hok te laat vrek van honger.

Hannes ·

“Die dbv het kennis geneem”.Hoop nie dit bly net hierby nie…!

Wilma ·

Oorhandig die b…. aan ons wie omgee vi diere. Hy sal soebat vuilgoed

Johann cb ·

Ai mense, die Egiptiese kolgans is mos ‘n uitheemse gemors wat in SA uitgeroei moet word! Welgedaan aan die bestuurder! Die DBV het nou minder werk om te doen!

Spook ·

Ja nee blykbaar witmense ook… dit gaan oor die daad…sinneloos

VanAfrika ·

Johan cb dan moet loeries uitgeroei word want hulle is oorspronklik van die Noorde van Suid Afrika, nou trek hulle Gauteng toe agter water aan want dit is droog in die Noorde. Indian minors moet dan uitgeroei word, want iemand het hulle van Indië ingevoer en hy het nie geweet wat om met hulle te doen nie, toe laat hy hull los. Kan ons sommer gou n lys google en kyk wat is uitheems dan ry ons almal van more af alles dood wat nie hier hoort nie.

Ilise ·

Hoe sal hy voel as n trein oor hom en sy gesin ry opsetlik? Hy sal sy dag kry en dan sal hy terug dink aan die dag! Gemene on menslike gemors! Vieslike vark!!!

Johann cb ·

Ag nee, dit is nie só erg nie! “Give the man a Bells!”

MJ ·

Die selfde ding het my oorgekom. My hondjie het by die hek uitgekom toe ek my motor wou uittrek. Ek het agter die hondjie aangehardloop. Kom daar ‘n man aangery, baie stadig. Hy moes my en die hondjie gesien het. Nie eers gerem of uitgeswaai nie net eenvoudig bo oor my hondjie gery, nie eers gestop of omgekyk nie. Net eenvoudig aangery. Ek was te geskok en verslae om sy nommer te vat. Weet nie wat is fout met sulke mense nie.

humor ·

Dankbaar oor so baie kommentaar wat duidelik maak dat daar n waardering en liefde vir ons natuur is. Sal ook soortgelyke kommentaar verwag vir die misdaad in al sy gruwel gestaltes . Of het ons al so gekondisioneerd daaraan geraak?

Johan H. ·

Wens julle almal het so tekeregegaan as n kind,vrou of man vermoor word. Wat as dit regtig n ongeluk was. En wat as dit jou seun of dogter was,he? Sal jy dan ook se Hasie.dink voor jy praat. Teister tot in die hel,,,nogal. Tenminste n boette vir die persoon!

Cherokee ·

Altyd is daar mense wat nie besef dat in kommentare by die tema gehou moet word nie. Weet jy niks van forum-etiket nie? Moet nie probeer om die tema te verander nie. Wat jy noem is wel uiters belangrik maar daar is gesprekke wat daarmee deel. Die regering gaan nie nou nuwe wette instel bloot omdat jy probeer om die rigting van ‘n gesprek te kaap nie.
As jy ‘n nuwe tema wil bespreek, begin ‘n nuwe gesprek.

Jeremia ·

Ek is meer as bly ek is nie die eggenoot/eggenote van hierdie persoon nie.
Indien jy nie ‘n hart vir diere het nie dan gaan mense maar swaar kry in so een se omgewing.
Om só openlik sadisties te wees ten aanskoue van die publiek!
Behoede die samelewing teen so een.
Maar almal het mos die afgelope jare vrotvel verskonings vir hul wandade.
Siek!

Leony ·

So ‘n persoon is ‘n siek psigopaat en moet uit die samelewing verwyder word. Geen respek vir God se Handewerk nie.

frans ·

Kan iemand vir ons uitwys wat die aanklag kan wees?

Hy sal seker van sy kant af vra, wat soek die ganse daar en hoekom is hulle nie reeds gehervestig nie

Judge Dredd ·

Hoeveel mense het die video gesien?
Van wat ek op die video gesien het was al die eende behalwe 3 alreeds aan die sykant van voertuig.
So kon die drywer moontlik dink dat al die eendjies uit die pad was en dit veilig was om te ry ?

Eerder as emosioneel te reageer op wat media en ander mense se, moet ‘n mens dalk eers self die video besigtig.

Gansie ·

En dit is so spesiaal om n mamma en haar gansies te sien.!!! Ek wonder altyd oor mense wat diere kan leed aandoen. Daar moet iets fout wees in die brein.

Hannelie ·

Ek hoop hierdie persoon kry ‘n helse boete! Dis siek om ‘n dier sommer moedswillig dood te ry, want nog te sê as hierdie persoon kinders het. Hoop regtig dit word nie hier gelos nie.

Johnnie ·

Maroela ek hoop van harte dat julle ons as lesers asb op hoogte sal hou met die saak want maroela lesers is almal stoere diere liefhebbers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.