Kapenaars op hol oor ‘meteoriet’

Argieffoto

Argieffoto

Verskeie persone in Kaapstad het Vrydag op sosiale media aangedui dat hulle ʼn meteoriet deur die lug sien trek het.

Eyewitness News het berig die Sterrewag het bevestig hy het ʼn paar berigte ontvang oor ʼn “brandende voorwerp” wat in verskeie dele van die stad gesien is.

Luisteraars van Kommetjie tot die Paarl het aan EWN gesê hulle het iets deur die lug sien trek.

Die Sterrewag stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

John ·

Nee, dis die nuwe vliegtuig van ons president op ‘n toetsrit.

Pr.Sci.Nat ·

Seker ‘n Meteor en nie ‘n Meteoriet?
Meteoroid (buite atmosfeer) na Meteor (in atmosfeer) na Meteoriet (op die grond).

ST ·

‘n Meteor is ‘n Ford. (Ha-ha). ‘n Goeie luisteraar het ‘n halwe woord nodig. Ons dommies het presies geweet waarvan gepraat word. Wel iets geleer,dankie.

SNEL ·

Nou watter teleskoop kan ek koop om ook die ding te aanskou en miskien nog verder te kyk in die hemelruim. Daar is so baie op die mark, hoe kies mens die regte een, waarna moet mens kyk?

Colette ·

Hi Snel! ‘N Koerantberig is nou eenmaal nie die beste plek om enige advies te kry of voor te vra nie. Ek dink ook oom google is ‘n veel beter opsie.

Hendrik ·

Tans is daar 3 planete saans sigbaar, Jupiter Saturnis en Mars. Mars en Saturnis is naby die Skerpioen (Kyk na die ooste na sonsonder) Die helder ster net voor skerpioen is saturnus en jy kan selfs sy ringe sien met ‘n sterk verkyker. Jupiter is so reg bo ons in die noorde. Hulle beweeg in dieselde baan (ekliptiese baan) as wat die son sal beweeg. Trek ‘n denkbeeldige boog. Laai ook gratis weergawe van Stekkaruim toepassing (app) op jou selfoon af.

Lance ·

Om n meteor te sien moet jy net kan opkyk …as jy dan niks sien oorweeg n bril hehe

SNEL ·

Ek weet Lance, so wou ek net graag weet watter teleskoop iemand sou aanbeveel, aangesien hier n berig is wat mense wat van planete ens hou dit sal lees. Ek kyk al n geruime tyd om vir my een te koop, maar weet nie presies hoe weet mens waarna om te kyk en watse goed belangrik is wat hy moet hê nie, maar dankie, met jou hulp is Google dan maar eerder my vriend.

Jef ·

Z wil nou nie meer sy nuwe vliegtuig he nie nee wat hy vat ET se ruimteskip, Z worry nie want ET belasting betalers het vir die ruimteskip betaal.

braham le roux ·

Ek het vrydag 20/5/2016 om 2.15nm op N1 by Worcester in rigting van Paarl gery en n geel ding met groen/blou stert sin trek vanaf 10uur in rigting van 4uur en het toe dood gegaan.

Francie ·

SNEL: Kontak die Sterrewag of ‘n klub van Amateur Sterrekykers Vereeniging?

JOHN DOE CH2 ·

.We were doing paramotor training in Paardeberg area near Paarl.Looking west towards where the sun would set. My instructor and myself saw a bright light turning from a beautiful bright pink to a light blue then smaller to a white light that burnt away.it came in at an angle of between 15 to 30 degrees to the earths surface from the direction where we were, of table mountain ,landing probably above or in the sea ,past Koeberg to the north,relative to where we were standing.It lasted approx 3.5seconds.If i am correct this happened just before 2pm ish.Say 1.55PM.We confirmed this as another student who had also seen it was on his cell at the time and shortly after broke the call .We looked up the call log on his cell and confirmed this.The brightness especially during the day and beautiful colours especialy to be seen at 2pm afternoon sun is significant.It would be interesting to know if it was tracked by the airport or navy radar stations ,which could tell us where it landed?Someone asked how to catch something like this try using a good camera such as a 5D with fish eye lens doing continuous timelapse to a computer with a hard drive.A power supply would need to replace the battery as you will be filming for days.A tripod is also required.If anyone has further info on this meteor pls email me on [email protected]

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.