‘Kaper’ beseer tydens skietery met polisie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende kaper is Saterdagoggend in die vroeë oggendure tydens ʼn skietery met die Johannesburgse metropolisie in Orlando, Soweto, beseer.

“Die polisie is in kennis gestel van ʼn silwerkleurige BMW wat in Naturena, suid van Johannesburg, deur verdagtes in ʼn blou BMW gekaap is,” het Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê. “Die verdagtes in die blou BMW het tydens die hoëspoedjaagtog teen ʼn stilstaande voertuig gebots.”

Die verdagtes het op die beamptes begin skiet en hulle het teruggeskiet, waartydens een van die verdagtes beseer is. “Die verdagtes het tussen die riete by die rivier verdwyn.”

Die polisie het beslag gelê op al twee voertuie en ʼn ongelisensieerde vuurwapen gevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Bron: Mpho Raborife, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Wat sal dit help? Jy sien mos die geween en gekners van tande in ons land as die polisie moordenaars en misdadigers doodskiet. Moordenaars en misdadigers is mos die enigste wat aanspraak kan maak op menseregte en die reg om te lewe!!!

Wilhelm ·

Siestog is die arme “onskuldige” bloedjie beseer! Moet die regdenke mens nou vir hom jammer voel of vir die polisieman wat so sleg skiet.

Peet Schabort ·

Ek vertrou dat hy uitstekende mediese behandeling ontvang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.