Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het gesê metropolisiebeamptes het inligting ontvang van ʼn gekaapte Toyota Fortuner wat in die rigting van Lenasia ry. Kort daarna het hulle die voertuig by ʼn besige aansluiting gesien en die motor genader.
“Vyf verdagtes het uit die Fortuner gespring en op die metropolisiebeamptes begin skiet. Die beamptes het teruggeskiet en vier van die verdagtes is gewond,” het Minnaar gesê. Die vyfde verdagte het ontsnap deur in ʼn ander voertuig te spring wat weggejaag het.
“Die gewonde verdagtes is onder polisiebewaking hospitaal toe geneem. Een van die verdagtes het met sy aankoms by die hospitaal aan sy wonde beswyk,” het Minnaar gesê. Hy kon nie bevestig hoe ernstig die toestand van die ander verdagtes is nie.
Die JMPD het op die toneel op een vuurwapen beslag gelê.
Leané du Plessis, woordvoerder van die motoropsporingsmaatskappy Ctrack, het gesê die Toyota Fortuner is vroeër die middag in Vereeniging gesteel. Ctrack se reaksiespan het die motor binne ʼn uur in Lenasia opgespoor en die polisie ontbied.
ʼn Saak van kaping en onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie word ondersoek.
- Foto: Ctrack
- Foto: Ctrack
- Foto: Ctrack
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Pragtig JMPD………………..hoop Mnr Zuma gee julle medaljes, maar ek wonder of hy nie liewer die gewondes sal medalleer.
Goeie werk!! Dis hoogtyd dat hulle (JMPD) hul werk begin te doen.
Die wereld n ietwat beter plek.
Knap gedaan. Net jammer julle het so laag gemik!
Nog n sukseverhaal!
Ek kan nie aan n straf dink wat swaar genoeg is vir kriminele wat hulle aan geweld skuldig maak en onskuldige mense se dood veroorsaak nie. Dis onsin om diesulkes te oorlaai met menseregte.