‘Kaper’ dood, drie gewond in skietgeveg met polisie

Foto: Ctrack

Foto: Ctrack

ʼn Vermeende kaper is dood en sy drie makkers gewond nadat ʼn skietgeveg Vrydagmiddag tussen die verdagtes en lede van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) by ʼn verkeerslig in Lenasia, suid van Johannesburg, ontstaan het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het gesê metropolisiebeamptes het inligting ontvang van ʼn gekaapte Toyota Fortuner wat in die rigting van Lenasia ry. Kort daarna het hulle die voertuig by ʼn besige aansluiting gesien en die motor genader.

“Vyf verdagtes het uit die Fortuner gespring en op die metropolisiebeamptes begin skiet. Die beamptes het teruggeskiet en vier van die verdagtes is gewond,” het Minnaar gesê. Die vyfde verdagte het ontsnap deur in ʼn ander voertuig te spring wat weggejaag het.

“Die gewonde verdagtes is onder polisiebewaking hospitaal toe geneem. Een van die verdagtes het met sy aankoms by die hospitaal aan sy wonde beswyk,” het Minnaar gesê. Hy kon nie bevestig hoe ernstig die toestand van die ander verdagtes is nie.

Die JMPD het op die toneel op een vuurwapen beslag gelê.

Leané du Plessis, woordvoerder van die motoropsporingsmaatskappy Ctrack, het gesê die Toyota Fortuner is vroeër die middag in Vereeniging gesteel. Ctrack se reaksiespan het die motor binne ʼn uur in Lenasia opgespoor en die polisie ontbied.

ʼn Saak van kaping en onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Piet Piper ·

Pragtig JMPD………………..hoop Mnr Zuma gee julle medaljes, maar ek wonder of hy nie liewer die gewondes sal medalleer.

Brie-brie ·

Goeie werk!! Dis hoogtyd dat hulle (JMPD) hul werk begin te doen.

Jan ·

Nog n sukseverhaal!
Ek kan nie aan n straf dink wat swaar genoeg is vir kriminele wat hulle aan geweld skuldig maak en onskuldige mense se dood veroorsaak nie. Dis onsin om diesulkes te oorlaai met menseregte.

Mira ·

Die kapers kan maar net “sorry” sê en dan is alles mos vergewe. Dis wat ons staatspresident doen. En dan agterna ń klag lê want hul menswaardigheid is mos nou aangetas. En dan gaan die arme polisie aan die onderspit delf. Ons land is korrup!

Corné ·

Goed so!!! Dis hoog tyd dat wet toegepas word en misdadigers boet vir hul wandade.

Karolis ·

Vyf spring uit en skiet, vier word gewond, een vuurwapen word op beslag gelê, iewers mis ek iets. Moet JMPD nie vier vuurwapens…….haauw…..uhm………?

Frederik ·

Karolis, jy verstaan nie. Hul het om die beurt met dieselfde vuurwapen geskiet. Was hul al 5 gewapen, was al die betrokke metro-beamptes nou in die lykshuis.

Lance ·

Hoe baie van die booswigte is daar dan nie ….dit gebeur SO gereeld ….scary

Gesiggie ·

Julle mense wat sė dis hoof tyd dat JMPD hulle werk doen het eintlik nie n benul waarvan julle praat nie. My pa werk vir JMPD en hulle is daagliks in gevaarlike situasies waarvan julle niks weet nie. Dis elke dag n blessing as hy veilig huis toe kom in die aande. Een van hulle beamptes was in die kop geskiet twee weke terug en al 6 van die betrokke partye was vasgevang. So voor julle klippe gooi gaan spandeer n dag in n JMPD lid se skoene terwyl jy veilig agter jou lessenaar sit en komentaar lewer op jou rekenaar is hulle daagliks in n stryd vir hulle lewe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.