‘n Kaper is doodgeskiet en vier van sy vermeende makkers is in hegtenis geneem nadat die polisie Vrydagoggend in Blairgowrie in Johannesburg op hulle toegeslaan het.
Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het in ʼn verklaring gesê ʼn hele aantal kapings is die afgelope ruk in die Randburg-omgewing aangemeld. Die polisie soek sedertdien na die aanvallers.
Polisielede het vanoggend tussen 05:00 en 06:00 ʼn wit Volkswagen-sportnutsvoertuig begin dophou, nadat dit agterdog by hulle gewek het. ʼn Skietery het uitgebreek en een persoon is doodgeskiet. Masondo het gesê nog twee is beseer en is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Nog twee vermeende kapers is ook in hegtenis geneem.
ʼn Ondersoek word gedoen om vas te stel of die vuurwapens wat tydens die inhegtenisnemings gevind is, by ander misdade betrek word en of die groep ook met ander voorvalle verbind kan word. Die vier word aangekla van poging tot kaping, die besit van ʼn gekaapte voertuig en die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Hulle sal binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn.
Die polisie se bestuur het die toewyding van die polisielede betrokke geprys.
“Dié onbeskaamde misdadigers wat aanhou om wetsgehoorsame burgers te terroriseer, moet besef dat Gauteng te klein is om met hulle te deel. Ons gaan hulle vind en dienooreenkomstig met hulle afreken,” het lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Lt-generaal Mawela n gerespekteerde SAPS man.Lank geblok deur korrupte polisie manne en politisie omdat hy vir geregtigheid staan.
Mooi SAPD!
Volgende week sal hulle nie weer gevang word nie. Hulle het nou geleer hoe hulle dit moet doen
Dit was tracker wat die wenk gekry het waar het jy gesien polisie tussen 5 en 6 uur dan slaap die klomp nog of dit nou onder n boom is of op die lessenaar by die stasie slaap die slaap hulle
Dit is soos om n verkeersbeamte te loof en prys omdat hy n verkeerskaartjie vir n oortreding gegee het,dit is sy werk waarvoor hy betaal word maar as hy tien n dag gee vir n jaar lank dan se ek loof hom en gee hom n verdienste bonus.