Kaper doodgeskiet in JHB

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn Kaper is in Eikenhof, Johannesburg deur die polisie doodgeskiet terwyl nog ʼn vermeende kaper in hegtenis geneem is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê drie verdagtes het ʼn Isuzu gekaap maar het die voertuig later langs die pad gelos nadat dit probleme gegee het. Die kapers het gevlug en ʼn skietgeveg het tussen hulle en die polisie uitgebreek.

Volgens Dlamini het die kapers hierna ʼn onderwyser by ʼn nabygeleë skool probeer kaap, maar te voet gevlug nadat hulle in ʼn doodloopstraat beland het. ʼn Tweede skietgeveg het uitgebreek en een van die kapers is doodgeskiet terwyl nog een in hegtenis geneem is. Die derde kaper het in ʼn wit Audi gevlug.

Dlamini het gesê daar is op ʼn vuurwapen en ʼn speelgoedgeweer beslag gelê. Die polisie ondersoek sake van kaping en poging tot moord. Die verdagte wat in hegtenis geneem is sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.