‘Kaper’ doodgeskiet, nog een vas

Die voertuig waarmee die verdagtes probeer vlug het. Foto: SAPD

ʼn Vermeende kaper is Woensdag in die vroeë oggendure doodgeskiet en nog een in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoedjaagtog met polisiebeamptes in Rustenburg, Noordwes.

Kapt. Elsabe Augoustides, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê ʼn voertuigopsporingsmaatskappy het net ná middernag inligting ontvang dat ʼn Chevrolet Aveo wat in Mmabatho gekaap is in die Rustenburg-omgewing is. Lede van die SAPD se K9-eenheid, blitspatrollie en sigbare polisiëringseenheid het onmiddellik gereageer en die voertuig is by ʼn vulstasie in Rustenburg opgemerk.

“Die SAPD-lede het die voertuig genader en die verdagtes gewaarsku om hul samewerking te gee. Hulle het geweier om uit die voertuig te klim en het weggejaag,” het Augoustides gesê.

Die polisiebeamptes het die voertuig agternagesit en skote is op die voertuig afgevuur in ʼn poging om dit tot stilstand te dwing. “Die [Aveo]-voertuig het met twee ander voertuie gebots. Een van die verdagtes het uit die voertuig gespring en is op die plek in hegtenis geneem. Die tweede verdagte het egter gevlug en ʼn lid van die K9-eenheid het hom agternagesit,” het sy verduidelik.

“Gedurende die jaagtog is die verdagte geskiet en hy is later op die toneel dood. ʼn 9 mm-pistool is in sy besit gevind.”

Augoustides het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen en sake van besit van ʼn gesteelde voertuig, roekelose en nalatige bestuur en besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen word ondersoek. Die verdagte wat in hegtenis geneem is sal Donderdag in die hof verskyn.

Genl.maj. Arthur Adams, SAPD-bevelvoerder in Rustenburg, het die polisiebeamptes geloof vir hul vinnige optrede. “Die beamptes het professioneel opgetree en in lyn met hul taktiese opleiding. Laat die voorval as ʼn streng waarskuwing aan misdadigers dien – SAPD-lede is 24 uur van die dag aan diens, paraat en reg om terug te baklei wanneer hulle van aangesig tot aangesig met misdadigers kom,” het Adams gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

al ·

Gee die SAPD ñ Bells! Uitstekende werk! Julle het vreesloos opgetree en is ons helde! Dis sulke tipe positiewe berigte wat ons land dringend nodig het.

Meatloaf ·

Skiet op n bewegende voertuig, vanuit n bewegende voertuig!! Crazy South Africa!! Dank Vader geeneen els was raak geskiet tydens hierdie wilde weste toertjie

Carel ·

¿???????¿ En wat sou jy se die sap moet doen?……. Vir die skurke vra om gou te stop sodat hulle op mekaar Kan skiet?????

Spike ·

As jy n jakkals van n bakkie af kan skiet is daai nie moeilik nie.

LBS ·

Goed en wel, maar ek wonder soms of hierdie gejagery agter ‘n gesteelde voertuig nie onskuldige mense se lewens in gevaar stel nie. Twee skelms, maar twee ander voertuie wat dalk meer insittendes in een voertuig kan wees, se lewens is op die spel!
Kan die polisie nie eerder “backup” kry om op die uitkyk te wees en hulle eerder iewers voorkeur of ‘n padblokkade oprig nie? Ek is nou nie ‘n “expert” op die gebied nie, wonder maar net.

Echo7 ·

Mmmm, niemand loof die tracking maatskappye wie meestal EINTLIK die voertuie vind, en gereeld SAAM die SAPD en soms sonder, die voertuig herwin onder dieselfde toestande nie. Geluk aan die haasmanne! Saluut.

Andy ·

Wel gedaan manne, julle moes net die ander verdagte ook doodgeskiet het, minder papierwerk, en dan hoef ons tax geld, hom nie te voer nie, terwyl hy in die tronk ontspan.

Great ·

Dis wonderlik dat misdadigers nie net meer so kan wegkom nie, soortgelyke voorvalle het die laaste ruk ook in Durban area plaasgevind waar van hulle deur die polisie geskiet is oor hulle die lewens van ander in gevaar gestel het. Nou wonder ek net hoekom mag boere nie oortreders wat ook húlle lewe in gevaar stel, skiet sonder om tronkstraf in die gesig te staar nie? Net so min soos die polisie sal wil sterf aan die hand van hierdie mense wil die boer ook sy lewe en dié van sy familie beskerm? Nietemin, goeie werk SAPD!

allak ·

Hoekom ñ bells? Gee liewers ñ meriete toekenning of ñ bonus.

Nicolaas ·

Mooi gesê Gen Adams, en goeie werk aan jou en jou manne!

MM ·

Man dis lekker om so iets te lees = Baie goeie diens SAPD – Dis mos hoe dit gedoen moet word. Julle is ons helde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.